Moenie die Spoor Byster Raak Nie! episode artwork

EPISODE · Nov 11, 2025 · 2 MIN

Moenie die Spoor Byster Raak Nie!

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailMatteus 4:4 Maar Hy antwoord: “Daar staan geskrywe: “'n Mens leef nie net van brood nie maar van elke woord wat uit die mond van God kom.” Stel jou vir 'n oomblik voor dat jy honger ly. Sê nou, jy het weke laas geëet. Jy is besig om dood te gaan, jou liggaam wil nie meer reg funksioneer nie. Die lyding is onuitspreeklik. So, wat sal jy doen om kos in jou maag te kry? Instinktief is die antwoord dat ons omtrent enigiets sal doen om kos te kry. Toe Jesus veertig dae en veertig nagte sonder kos in die woestyn was, het die duiwel gekom en Hom versoek om sy lyding in sy eie krag te beëindig. Die duiwel, sê selfs vir Jesus: Jy is die Seun van God. Jy kan dit doen, man!As jy onder dieselfde druk sou verkeer, en die mag sou gehad het om klippe in brood te verander, sou jy die duiwel self gehoorsaam het? Hoekom nie? Wat is verkeerd daarmee?Ons emosies is 'n groot deel van wie ons is. Ons kan dit nie ontken nie. Soms dien hulle ons. Ander kere kan hulle ons in verskriklike moeilikheid laat beland, veral, wanneer ons swaarkry. 'n Emosionele besluit wat op die ingewing van die oomblik geneem word, kan 'n magdom van probleme veroorsaak. Maar kom ons kyk hoe Jesus gereageer het:Matteus 4:4 Maar Hy antwoord: “Daar staan geskrywe: “'n Mens leef nie net van brood nie maar van elke woord wat uit die mond van God kom.”Jesus wys dat Hy sy Vader gehoorsaam en dat Hy nie sy lyding sal beëindig wanneer die duiwel dit voorstel nie. Wanneer jy die Woord van God hoor, keer Hy dat jy in daardie moeilike situasies van die spoor afdwaal; daardie tye wanneer jy die risiko loop om slegte emosionele, ingewing-van-die-oomblik besluite te neem.Soos iemand eenkeer gesê het, as jy nie geestelik gevoed word nie, dan sal jy emosioneel gelei word.Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Nov 11, 2025

Embed this episode

Send us Fan Mail Matteus 4:4 Maar Hy antwoord: “Daar staan geskrywe: “'n Mens leef nie net van brood nie maar van elke woord wat uit die mond van God kom.” Stel jou vir 'n oomblik voor dat jy honger ly. Sê nou, jy het weke laas geëet. Jy is besig om dood te gaan, jou liggaam wil nie meer reg funksioneer nie. Die lyding is onuitspreeklik. So, wat sal jy doen om kos in jou maag te kry? Instinktief is die antwoord dat ons omtrent enigiets sal doen om kos te kry. Toe Jesus veertig d...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

Ready to play

Moenie die Spoor Byster Raak Nie!

0:00 2:43

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 2 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on November 11, 2025.

Is there a transcript available for this episode?

Yes, a full transcript is available for this episode. You can read the complete transcript on the episode page.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!