Moenie die Stelsel Blameer Nie episode artwork

EPISODE · Mar 14, 2025 · 2 MIN

Moenie die Stelsel Blameer Nie

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailJohannes 8:12 Op 'n ander keer het Jesus vir die mense gesê: “Ek is die lig vir die wêreld. Wie My volg, sal nooit in die duisternis lewe nie, maar sal die lig hê wat lewe gee.” Weet jy, ons dink nie te dikwels daaraan nie, maar die wêreld – my wêreld en jou wêreld – word oorheers deur mensgemaakte stelsels. Ekonomiese stelsels, politieke stelsels, sosiale stelsels, gesondheidstelsels, voedselproduksie- en verspreidingstelsels, ensovoorts. En al is hulle noodsaaklik, is baie van hulle nie tot ons voordeel nie.Dit het al 'n cliché geword, dat die rykes aanhou ryker word en die armes aanhou armer word. Maar is dit werklik waar? Wel, volgens Oxfam, besit die 1% rykste mense in die wêreld netsoveel as die res van ons almal saam.Nee, ons stelsels sorg nie ewegoed vir almal nie. Dit is 'n feit. En wat ons dus geneig is om te doen, is om die stelsel vir ons ellende te blameer. As ons net 'n meer regverdige ekonomie gehad het, 'n beter regering, eerlike politici, 'n meer toeganklike en doeltreffende gesondheidsorgstelsel ...Maar wat van ons eie bydrae tot die duisternis wat so effektief oor die wêreld kruip? Wat kan ons doen aan die manier waarop ons lewe, om in ons eie konteks 'n verskil te maak?Johannes 8:12 Op 'n ander keer het Jesus vir die mense gesê: “Ek is die lig vir die wêreld. Wie My volg, sal nooit in die duisternis lewe nie, maar sal die lig hê wat lewe gee.”Soos Voddie Baucham, die Amerikaanse skrywer en opvoeder, onlangs gesê het: Die verskriklike dinge wat ons in ons eie kultuur raaksien, is nie omdat ons verkeerd stem nie. Ons sien verskriklike dinge in ons kultuur omdat mense lief is vir die duisternis eerder as die lig.Hou op om die stelsel te blameer. Volg Jesus. Laat jou lig skyn.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Mar 14, 2025

Embed this episode

Send us Fan Mail Johannes 8:12 Op 'n ander keer het Jesus vir die mense gesê: “Ek is die lig vir die wêreld. Wie My volg, sal nooit in die duisternis lewe nie, maar sal die lig hê wat lewe gee.” Weet jy, ons dink nie te dikwels daaraan nie, maar die wêreld – my wêreld en jou wêreld – word oorheers deur mensgemaakte stelsels. Ekonomiese stelsels, politieke stelsels, sosiale stelsels, gesondheidstelsels, voedselproduksie- en verspreidingstelsels, ensovoorts. En al is hulle noodsaaklik, is...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Moenie die Stelsel Blameer Nie

0:00 2:46

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 2 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on March 14, 2025.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!