Moenie Gevang Word Nie episode artwork

EPISODE · Aug 1, 2024 · 3 MIN

Moenie Gevang Word Nie

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailSpreuke 29:25 As jy vir mense bang is, kan jy in 'n strik beland, maar as jy jou vertroue in die Here stel, is jy veilig. Jy weet hoe ‘n angswekkende ervaring dit is om iewers vasgevang te wees! Stel jou voor dat jy vasgevang is in die kajuit van 'n sinkende skip. Stel jou voor dat jy iewers ondergronds vasgevang is. Stel jou voor …Nou nie ’n baie vrolike gedagte nie, is dit? Maar die realiteit is dat baie mense vandag op een of ander manier vasgevang is. Miskien is daar op die oomblik iets in jou omstandighede wat jou so laat voel.Ek het dikwels tydens die COVID-pandemie toe baie van ons in ons huise toegekluister was, gedink aan vrouens en kinders wat in nare situasies van gevangenskap, mishandeling en misbruik vasgevang is.Maar soms is die mure wat ons vasgevang hou, daar as gevolg van ons eie toedoen. Soms sluit ons onsself, heeltemal deur ons eie toedoen, in daardie situasie toe.Spreuke 29:25 As jy vir mense bang is, kan jy in 'n strik beland, maar as jy jou vertroue in die Here stel, is jy veilig.Wat God hier vir ons sê, is dat vrees op sigself die strik is. Mense voel byvoorbeeld vasgevang in hul werk; in 'n moeilike finansiële situasie; in 'n gesondheidskrisis. Ja, en wat van ‘n situasie waar hulle 'n terminale diagnose ontvang het?Die lewenspad het soms allerhande moeilikhede en teëspoed. Maar laat ons heeltemal nugter daarna kyk: eendag sal dit alles verby wees, ons sal aan die einde van ons lewe op hierdie aarde kom. Dis beslis wat gaan gebeur.Of ons deur omstandighede vasgevang voel, en of ons, ten spyte daarvan, so vry soos 'n voël op ‘n tak voel, dit het alles te doen met hoe ons dit ervaar: met vrees … of in vrede.As jy jou verbeel dat jy op jou eie in hierdie gekompliseerde lewe staan, as dít jou patroon vir die lewe is, sal vrees jou strik wees - die tronksel waarin jy jouself opsluit.Maar as jy jou vertroue in die Here stel, is jy veilig.Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Aug 1, 2024

Embed this episode

Send us Fan Mail Spreuke 29:25 As jy vir mense bang is, kan jy in 'n strik beland, maar as jy jou vertroue in die Here stel, is jy veilig. Jy weet hoe ‘n angswekkende ervaring dit is om iewers vasgevang te wees! Stel jou voor dat jy vasgevang is in die kajuit van 'n sinkende skip. Stel jou voor dat jy iewers ondergronds vasgevang is. Stel jou voor … Nou nie ’n baie vrolike gedagte nie, is dit? Maar die realiteit is dat baie mense vandag op een of ander manier vasgevang is. Miskien is d...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Moenie Gevang Word Nie

0:00 3:07

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 3 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on August 1, 2024.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!