Moenie Jou Eie Gevolgtrekkings Maak Nie episode artwork

EPISODE · Jan 18, 2026 · 2 MIN

Moenie Jou Eie Gevolgtrekkings Maak Nie

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailSpreuke 18:15,17 ’n Mens met insig kry steeds meer kennis. Wyse mense hou altyd hulle ore oop. Hy wat eerste praat in ’n regsaak, lyk altyd onskuldig. Eers by kruisondervraging kom die waarheid uit. (NLV) Glo jy alles wat jy op sosiale media lees? Natuurlik nie! Maar hoekom is dit dan dat soveel mense in die wurmtonnels van samesweringsteorieë vasgevang word? Bloot omdat hulle op iets afgekom het wat so lekker by hul eie verkeerde idees inpas!Hoe gereeld word iemand nie deur die publiek en die media “verhoor en skuldig bevind” nie? En, wanneer die feite uiteindelik aan die lig kom, is die persoon heeltemal onskuldig. Kom nou, hoe dikwels het jy nie ook al iemand onskuldig veroordeel nie?Alfred Dreyfus, 'n Joodse offisier in die Franse leër, is in 1894 valslik van verraad beskuldig. Die bewyse teen hom was baie flou, maar die leër, die publiek en die media het hom summier veroordeel. Hulle het nie die ware feite ondersoek nie; hulle het eenvoudig aanvaar wat vir hulle vertel is.Intussen het die regte verraaier skotvry gekom. Dit het jare se deursettingsvermoë, noukeurige ondersoek en dapper getuies geneem om die waarheid te ontbloot en Dreyfus vry te spreek. Maar teen daardie tyd het die Franse samelewing reeds hul respek vir die regstelsel verloor.Spreuke 18:15-17 ’n Mens met insig kry steeds meer kennis. Wyse mense hou altyd hulle ore oop. Hy wat eerste praat in ’n regsaak, lyk altyd onskuldig. Eers by kruisondervraging kom die waarheid uit. (NLV)Ons is soms in die versoeking om te haastig te oordeel; om menings as feite te aanvaar; om ons selfbeeld te versterk deur iets as waarheid te aanvaar, bloot omdat dit pas by dít wat ons nog altyd vermoed het.Maar wyse mense wil altyd meer leer, daarom luister hulle aandagtig om meer te leer. Die eerste persoon wat praat, lyk altyd reg, totdat iemand anders kom en die regte vrae vra.Wees 'n leerder. Wees 'n luisteraar. Vra die regte vrae.Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Jan 18, 2026

Embed this episode

Send us Fan Mail Spreuke 18:15,17 ’n Mens met insig kry steeds meer kennis. Wyse mense hou altyd hulle ore oop. Hy wat eerste praat in ’n regsaak, lyk altyd onskuldig. Eers by kruisondervraging kom die waarheid uit. (NLV) Glo jy alles wat jy op sosiale media lees? Natuurlik nie! Maar hoekom is dit dan dat soveel mense in die wurmtonnels van samesweringsteorieë vasgevang word? Bloot omdat hulle op iets afgekom het wat so lekker by hul eie verkeerde idees inpas! Hoe gereeld word iemand ...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Moenie Jou Eie Gevolgtrekkings Maak Nie

0:00 2:56

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 2 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on January 18, 2026.

Is there a transcript available for this episode?

Yes, a full transcript is available for this episode. You can read the complete transcript on the episode page.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!