Moenie Jou Geloof Ondermyn Nie episode artwork

EPISODE · Nov 8, 2025 · 2 MIN

Moenie Jou Geloof Ondermyn Nie

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan Mail1 Petrus1:14,15 As gehoorsame kinders moet julle nie julle lewe inrig volgens die begeertes wat julle vroeër gehad het toe julle God nie geken het nie. Nee, soos Hy wat julle geroep het, heilig is, moet julle ook in julle hele lewenswandel heilig wees. Tensy jy een van daardie geseënde mense is, wat nooit nodig gehad het om oor hul gewig te bekommer nie, is die kanse goed dat jy al baie diëte probeer het. Maar hoe maklik is dit om al jou pogings te kelder deur terug te val in jou ou eetgewoontes?Markus Antonius was tydens die 1ste eeu v.C. ‘n bekwame Romeinse generaal en politikus. Hy het Rome probeer regeer, maar die verleidelike Cleopatra het hom laat struikel. In plaas daarvan om op sy politieke en militêre strategieë te fokus, het hy so in sy liefdesverhouding verstrengel geraak dat hy plesier en persoonlike bevrediging bo plig gestel het.Daardie obsessie het tot swak besluite gelei. By die Slag van Actium in 31 v.C. het hy sy vloot verlaat om Cleopatra te volg en so sy nederlaag verseël. Ja, hulle sê die versoeking van liefde en luuksheid het hom uiteindelik beide sy mag en sy lewe gekos.Versoeking is so oud soos die berge, nè, en ongetwyfeld iets waarmee ons onsself kan vereenselwig. Ja, daar was tye in ons lewens waar versoekings ons beste pogings ondermyn het.En dis iets waarvan God maar alte bewus van is. So, die antwoord is om die Heilige Gees te vra om jou te beskerm teen enige versoekings wat op hierdie oomblik aan jou hakskene hap:1 Petrus 1:14,15 As gehoorsame kinders moet julle nie julle lewe inrig volgens die begeertes wat julle vroeër gehad het toe julle God nie geken het nie. Nee, soos Hy wat julle geroep het, heilig is, moet julle ook in julle hele lewenswandel heilig wees.Moenie dat die versoekings uit jou verlede jou nuwe lewe as kind van God ondermyn nie. Ruk jouself reg! Gehoorsaam Hom en moenie terugval na die manier waarop jy voorheen geleef het nie.Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Nov 8, 2025

Embed this episode

Send us Fan Mail 1 Petrus1:14,15 As gehoorsame kinders moet julle nie julle lewe inrig volgens die begeertes wat julle vroeër gehad het toe julle God nie geken het nie. Nee, soos Hy wat julle geroep het, heilig is, moet julle ook in julle hele lewenswandel heilig wees. Tensy jy een van daardie geseënde mense is, wat nooit nodig gehad het om oor hul gewig te bekommer nie, is die kanse goed dat jy al baie diëte probeer het. Maar hoe maklik is dit om al jou pogings te kelder deur terug te ...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Moenie Jou Geloof Ondermyn Nie

0:00 2:51

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 2 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on November 8, 2025.

Is there a transcript available for this episode?

Yes, a full transcript is available for this episode. You can read the complete transcript on the episode page.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!