Moenie Jou Tweede Kans Weggooi Nie episode artwork

EPISODE · Nov 27, 2025 · 3 MIN

Moenie Jou Tweede Kans Weggooi Nie

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan Mail1 Petrus 2:24 Hy het self ons sondes in sy liggaam aan die kruis gedra. Daardeur is ons vir die sondes dood en kan ons lewe in gehoorsaamheid aan die wil van God. Deur sy wonde is julle genees. Stel jou vir 'n oomblik voor dat iemand 'n orgaan in ‘n oorplanting ontvang wat hul lewe red. Wonderlik. Maar dan, ná die operasie, gaan hulle voort met dieselfde leefstyl wat veroorsaak het dat hul eie orgaan in die eerste plek ingegee het. Nie baie slim nie, of hoe?Wel, is alle mense op hierdie aarde slim? George Best was 'n bekende Ierse sokkerspeler wat in 2002 'n leweroorplanting ondergaan het as gevolg van ernstige lewerskade wat deur alkoholmisbruik veroorsaak is.Tog, ten spyte van hierdie tweede kans, het hy kort daarna weer begin drink en hy is net drie jaar later as gevolg van veelvuldige komplikasies, tragies oorlede.Jy hoef nie te lank te bespiegel oor sy dood om tot die gevolgtrekking te kom dat sy voortgesette alkoholmisbruik absoluut onnosel was nie. En tog wonder ek of ons nie ook soms dieselfde doen nie.1 Petrus 2:24 Hy het self ons sondes in sy liggaam aan die kruis gedra. Daardeur is ons vir die sondes dood en kan ons lewe in gehoorsaamheid aan die wil van God. Deur sy wonde is julle genees.Jesus het doelbewus sy lewe opgeoffer om ons van ons sonde te genees. Hy het ons skuld uit die weggeruim; dit beteken dat, omdat Jesus vir ons gely het, ons nie self vir ons sonde gaan betaal nie; en daarom kan ons in gehoorsaamheid aan die wil van God lewe.Waarom sal ons, nadat ons een keer gered is en 'n tweede kans op die lewe gegee is, na die sonde wil terugkeer? Wil ons regtig soos George Best wees en Russiese roulette met ons ewigheid speel?Charles Spurgeon het gesê: Sonde het ons Verlosser doodgemaak; hoe kan ons op vriendelike voet daarmee leef?Hy het self ons sondes in sy liggaam aan die kruis gedra. Daardeur is ons vir die sondes dood en kan ons lewe in gehoorsaamheid aan die wil van God. Deur sy wonde is julle genees.Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Nov 27, 2025

Embed this episode

Send us Fan Mail 1 Petrus 2:24 Hy het self ons sondes in sy liggaam aan die kruis gedra. Daardeur is ons vir die sondes dood en kan ons lewe in gehoorsaamheid aan die wil van God. Deur sy wonde is julle genees. Stel jou vir 'n oomblik voor dat iemand 'n orgaan in ‘n oorplanting ontvang wat hul lewe red. Wonderlik. Maar dan, ná die operasie, gaan hulle voort met dieselfde leefstyl wat veroorsaak het dat hul eie orgaan in die eerste plek ingegee het. Nie baie slim nie, of hoe? Wel, is all...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Moenie Jou Tweede Kans Weggooi Nie

0:00 3:01

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 3 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on November 27, 2025.

Is there a transcript available for this episode?

Yes, a full transcript is available for this episode. You can read the complete transcript on the episode page.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!