Moenie Lui Wees Nie episode artwork

EPISODE · Jan 24, 2026 · 3 MIN

Moenie Lui Wees Nie

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailRomeine 12:11 Moenie sleepvoet wees in julle toewyding nie; wees entoesiasties; wees werklik diensbaar vir die Here. (NLV) Kom ons gesels ‘n bietjie oor jou werk. Daar is twee ewe vernietigende uiterstes. Aan die eenkant kan jy die werkslaaf, wees wat bereid is om jou gesondheid en jou familie op die altaar van sukses te plaas. Aan die anderkant kan jy die luiaard wees wat die minste moontlik sal doen.Twee samurais, Motoharu en Takakage, was broers wat tydens die 16de-eeu in Japan 'n plaaslike heer gedien het. Motoharu het daagliks hard geoefen om sy vaardigheid in die gevegskuns te verbeter: hy het met onvermoeide dissipline ‘n fyn strategie bestudeer; maar Takakage, hoewel hy net so begaafd was, het ontspanning verkies; hy het uitgestel om bevele te gehoorsaam en sy pligte verwaarloos.Toe hulle die dag in ‘n geveg te staan gekom het, was Motoharu gedissiplineerd en suksesvol - Takakage het klaaglik misluk. Die kontras was duidelik: een het die vrug van sy volgehoue moeite gepluk, die ander moes die skande van luiheid verduur.Dis 'n kontras wat jy gereeld sien afspeel. Ek het dit selfs in die bediening gesien. Sommige mense het na ons organisasie gekom en verwag dat die werk maklik sal wees. Dit is immers 'n Christelike organisasie. Hulle idee was dat dit alles oor liefde gaan en dat hulle met baie min moeite heerlik kan terugsit en die Here sal voorsien.Wat van jou? Hoe benader jy jou werk? Terwyl jy daaroor nadink; hier God se standpunt:Romeine 12:11 Moenie sleepvoet wees in julle toewyding nie; wees entoesiasties; wees werklik diensbaar vir die Here. (NLV)Luiheid is beslis nie ‘n goddelike eienskap nie, nee, beslis nie. Ek stem saam dat ons ook moet rus; maar om werksverslaafd te lewe, is netso goddeloos. Luiheid is 'n kanker wat te veel mense beroof van die diep bevrediging wat kom wanneer jy jou unieke gawes en vermoëns gebruik om ander te bevoordeel. As hierdie boodskap vandag vir jou is: word dan wakker. Werk hard terwyl jy die Here dien, en moenie lui wees nie.Dis Sy Woord. Vars ... vir jou ... vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Jan 24, 2026

Embed this episode

Send us Fan Mail Romeine 12:11 Moenie sleepvoet wees in julle toewyding nie; wees entoesiasties; wees werklik diensbaar vir die Here. (NLV) Kom ons gesels ‘n bietjie oor jou werk. Daar is twee ewe vernietigende uiterstes. Aan die eenkant kan jy die werkslaaf, wees wat bereid is om jou gesondheid en jou familie op die altaar van sukses te plaas. Aan die anderkant kan jy die luiaard wees wat die minste moontlik sal doen. Twee samurais, Motoharu en Takakage, was broers wat tydens die 16d...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

Ready to play

Moenie Lui Wees Nie

0:00 3:17

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 3 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on January 24, 2026.

Is there a transcript available for this episode?

Yes, a full transcript is available for this episode. You can read the complete transcript on the episode page.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!