Moenie Lui Wees Nie episode artwork

EPISODE · Apr 27, 2024 · 3 MIN

Moenie Lui Wees Nie

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailSpreuke 12:27 Die luiaard verroer nie ’n vinger om self kos te maak nie. ’n Hardwerkende mens gaan uit sy pad om kosbare besittings te versamel. Wanneer word ‘n behoefte aan rus, ons verskoning vir luiheid? Ja, ons weet dat ons almal moet rus van ons arbeid, maar daar is 'n fyn lyn tussen iemand wat ware rus nodig het en 'n lieplapper wat tot luiheid verlei word.Mense vra my soms waarom ek so hard werk. Dis maklik om dit te beantwoord. Daar sterf daagliks ontelbare mense in 'n Christuslose ewigheid en God het my geroep om hulle van Jesus te vertel – dis die rede waarom daar 'n werklike dringendheid is aan hierdie werk wat ek doen!Soms werk ek te hard, dalk is jy dieselfde. En ten spyte van die feit dat ek nie van nature lui is nie, sal ek eerlik wees, elke nou en dan is daar 'n versoeking om dinge rustiger te neem, om te ry sonder om die petrol te trap; om net so ‘n bietjie ‘n blaaskans te neem. Dit kan op sigself 'n vorm van rus wees, maar as dit te lank aanhou, word dit luiheid. Koning Salomo van Israel, het dit drieduisend jaar gelede, baie duidelik gestel:Spreuke 12:27 Die luiaard verroer nie ’n vinger om self kos te maak nie. ’n Hardwerkende mens gaan uit sy pad om kosbare besittings te versamel. (NLV)Ek stel ek nie in rykdom belang nie. My belangstelling lê daarin, om jou in jou geloofswandel aan te moedig; en om te sien hoe meer mense tot 'n reddende kennis van Jesus kom.Dit maak nie saak wat ons persoonlikheidstipe of samestelling is nie, die versoeking is altyd daar om in luiheid te verval. Watchman Nee, die Chinese pastoor wat baie gely het om die Woord van die Here te verkondig, het dit eenkeer so gestel.Ons sê gereeld dat rus bloot luiheid is. Ons weet dat die liggaam, soos ons verstand en gees, van tyd tot tyd ‘n ruspouse vereis. Maar ons moet nooit rus, uit luiheid wat uit ons sondige natuur spruit nie. Ja, so dikwels is luiheid maar net ‘n emosionele hekel aan werk. Ons noem dit fisiese moegheid, terwyl dit inderwaarheid net as 'n verskoning gebruik word om lui te wees.”Die luiaard verroer nie ’n vinger om self kos te maak nie. ’n Hardwerkende mens gaan uit sy pad om kosbare besittings te versamel.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag .Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Apr 27, 2024

Embed this episode

Send us Fan Mail Spreuke 12:27 Die luiaard verroer nie ’n vinger om self kos te maak nie. ’n Hardwerkende mens gaan uit sy pad om kosbare besittings te versamel. Wanneer word ‘n behoefte aan rus, ons verskoning vir luiheid? Ja, ons weet dat ons almal moet rus van ons arbeid, maar daar is 'n fyn lyn tussen iemand wat ware rus nodig het en 'n lieplapper wat tot luiheid verlei word. Mense vra my soms waarom ek so hard werk. Dis maklik om dit te beantwoord. Daar sterf daagliks ontelbare ...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Moenie Lui Wees Nie

0:00 3:11

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 3 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on April 27, 2024.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!