EPISODE · Jun 11, 2026 · 3 MIN
Moenie ‘n Bedrieër Wees Nie
from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet
Send us Fan MailPsalm 119:29-32 Keer dat ek leuens vertel en op ’n oneerlike manier leef. Skryf u wet diep in my hart. Doen goed aan my. Ek het gekies om op u pad te stap, dis die pad na die lewe toe. U voorskrifte is soos padwysers; dit wys my hoe om te leef. Here, ek hou vas aan elke woord wat U sê. Moenie dat ek U ooit in die steek laat nie. Ek is gretig om elke dag op u pad te stap, want U maak my lewe vol met u goedheid. (DB) Het jy al ooit soos 'n bedrieër gevoel? Dis nogal ontstellend om te weet dat dié persoon wat mense dink jy is, nie is wie jy werklik is nie! Hulle sal ontnugter wees om te ontdek dat jy ook soms twyfel, dat jy ook donker gedagtes het wat binne-in jou rondmaal.Ferdinand Waldo Demara was gedurende die vorige eeu bekend as die Groot Bedrieër. Hy het homself op ‘n kol voorgedoen as 'n monnik, toe ‘n sielkundige, toe ‘n tronkbewaarder en toe selfs as ‘n chirurg - alles sonder enige kwalifikasies. Tydens die Koreaanse Oorlog het hy groot operasies aan boord van 'n Kanadese oorlogskip uitgevoer deur die vorige aand mediese handboeke te memoriseer.Hy is in die openbaar geprys as 'n heldhaftige dokter wat lewens red. Maar agter die skerms was dit alles 'n leuen. Hy het gesê hy wou "die mensdom dien", maar hy het instellings en individue voortdurend mislei en dikwels lewens in gevaar gestel. Sy sjarme het 'n diep agterbaksheid bedek. Sy uiterlike beeld was dié van eerbaarheid; hy het so edel en bekwaam voorgekom, maar dit was alles op bedrog gebou. Kyk wat bid die psalmis in: Psalm 119:29-32 Keer dat ek leuens vertel en op ’n oneerlike manier leef. Skryf u wet diep in my hart. Doen goed aan my. Ek het gekies om op u pad te stap, dis die pad na die lewe toe. U voorskrifte is soos padwysers; dit wys my hoe om te leef. Here, ek hou vas aan elke woord wat U sê. Moenie dat ek U ooit in die steek laat nie. Ek is gretig om elke dag op u pad te stap, want U maak my lewe vol met u goedheid. (DB)"Om reëls te volg" is nie deesdae gewild nie, nè? Maar hoe meer jy die Woord van God jou laat beïnvloed; hoe meer jy toelaat dat sy goedheid jou gids is; hoe minder van 'n bedrieër word jy. Jy ontwikkel ‘n dors om jou Bybel te lees en jy ontwikkel die begeerte om meer en meer soos Jesus te word.Moenie 'n bedrieër wees nie.Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
What this episode covers
Send us Fan Mail Psalm 119:29-32 Keer dat ek leuens vertel en op ’n oneerlike manier leef. Skryf u wet diep in my hart. Doen goed aan my. Ek het gekies om op u pad te stap, dis die pad na die lewe toe. U voorskrifte is soos padwysers; dit wys my hoe om te leef. Here, ek hou vas aan elke woord wat U sê. Moenie dat ek U ooit in die steek laat nie. Ek is gretig om elke dag op u pad te stap, want U maak my lewe vol met u goedheid. (DB) Het jy al ooit soos 'n bedrieër gevoel? Dis nogal ontst...
NOW PLAYING
Moenie ‘n Bedrieër Wees Nie
No transcript for this episode yet