Moenie Ophou Nie episode artwork

EPISODE · Aug 23, 2026 · 3 MIN

Moenie Ophou Nie

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailJeremia 33:1-3 Die woord van die Here het weer tot Jeremia gekom. Hy was toe nog ingeperk in die binneplaas van die paleiswag. So sê die Here, Hy wat die aarde gemaak en so gevorm het dat dit nie wankel nie, wie se Naam Here is: Roep My aan, Ek sal jou antwoord en jou vertel van groot en onverstaanbare dinge waarvan jy nie weet nie. Die lewe is vol dinge wat ons nie verstaan nie en hoewel ons duidelikheid soek, is God se grootste lesse dikwels reg voor ons weggesteek. Hy wil hê ons moet aanhou soek vir antwoorde in plaas van kitsoplossings, want juis in hierdie onsekerheid groei ons, solank as wat ons nie opgee nie.In 1928 het die Skotse bakterioloog en mediese navorser, Alexander Fleming, van vakansie af teruggekeer en ontdek dat daar skimmel in sy petri-bakkies groei. Die meeste wetenskaplikes sou dit sommer weggegooi het - maar nie Fleming nie. Sy nuuskierigheid het gelei tot die ontdekking van penisillien, ’n lewensreddende deurbraak wat reg voor sy oë versteek was. Die wêreld het verander omdat een man besluit het om dieper te delf.Jeremia 33:1–3 sê: Terwyl Jeremia nog in die binneplaas van die paleiswag gevange gehou is, het die woord van die Here vir 'n tweede keer tot hom gekom: So sê die Here wat die aarde gemaak het, die Here wat die aarde gevorm en gevestig het, wie se Naam Here is: Roep My aan en Ek sal jou antwoord en jou groot en onverstaanbare dinge vertel waarvan jy nie weet nie.Jeremia was agter tralies toe God met hom gepraat het; hy was nie vry nie. Maar selfs in daardie donker plek het God dinge aan hom bekendgemaak. Hy het gesê: Roep My aan en Ek sal jou antwoord. Dit gaan nie oor 'n maklike lewe nie; dit gaan oor vasbyt en aanhou roep, selfs al voel jy vasgevang, deurmekaar of bang.As jy aanhou bid en nie opgee nie, doen jy presies wat Fleming gedoen het; jy ontdek dinge wat jou hele lewe kan verander. God wil graag sy geheime deel met diegene wat aanhou vra, aanhou klop en aanhou soek.Moet dus nie ophou soek nie. Al sit jy nou in jou eie klein tronkie of in die pikdonker; kan jy weet dat Hy klaar besig is om agter die skerms vir jou dinge, wat jou verstand heeltemal te bowe gaan, voor te berei.Dit is sy Woord. Vars… vir jou… vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Aug 23, 2026

Embed this episode

Send us Fan Mail Jeremia 33:1-3 Die woord van die Here het weer tot Jeremia gekom. Hy was toe nog ingeperk in die binneplaas van die paleiswag. So sê die Here, Hy wat die aarde gemaak en so gevorm het dat dit nie wankel nie, wie se Naam Here is: Roep My aan, Ek sal jou antwoord en jou vertel van groot en onverstaanbare dinge waarvan jy nie weet nie. Die lewe is vol dinge wat ons nie verstaan nie en hoewel ons duidelikheid soek, is God se grootste lesse dikwels reg voor ons weggesteek. H...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

Ready to play

Moenie Ophou Nie

0:00 3:02

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 3 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on August 23, 2026.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!