Moenie Screwtape laat Wen Nie episode artwork

EPISODE · Aug 5, 2026 · 3 MIN

Moenie Screwtape laat Wen Nie

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailFilippense 4:8  Ten slotte, broers en susters, vul julle gedagtes met alles wat waar, eerbaar, skoon, suiwer, lieflik en lofwaardig is. (NLV) Het jy al gesien hoe vinnig ’n mens vasgevang word in al die politieke stryery, die skinderstories op sosiale media of ander mense se foute? Jy kyk na die nuusopskrifte, lees die kommentaar onderaan en skud net jou kop. Voor jy jou oë uitvee, is jou vrede by die venster uit en voel jy sommer skoon benoud.C.S. Lewis het dit perfek beskryf in sy klassieke boek, The Screwtape Letters – 'n reeks denkbeeldige briewe waarin 'n senior demoon, Screwtape, sy nefie, Wormwood, touwys maak oor hoe om mense van God af weg te trek. Hier is ’n stukkie van daardie raad wat ’n mens nogal koue rillings gee:Laat ’n persoon eers sy liefde vir sy land, of sy strewe na vrede, as deel van sy geloof sien. Laat hom dan, omdat hy kant kies, glo dat dit die heel belangrikste deel van sy ‘godsdiens’ is.Lei hom dan stap vir stap tot op 'n punt waar sy godsdiens bloot 'n hulpmiddel vir sy 'saak' word. Hy gebruik dan die Christelike geloof net vir die goeie argumente wat dit bied om sy kant van die saak te ondersteun.Dis presies die duiwel se plan: hy wil hê jy moet jou oë op alles daar buite hou, sodat jy nooit fokus op dit wat hier binne-in jou eie hart aangaan nie. Die apostel Paulus gee vir ons die regte raad vir die pad vorentoe:Filippense 4:8 sê: Ten slotte, broers en susters, vul julle gedagtes met alles wat waar, eerbaar, skoon, suiwer, lieflik en lofwaardig is. (NLV)Nouja, jy kan nie die hele wêreld beheer nie. Maar jy kan kies waarop jy jou gedagtes fokus. En wanneer jy op Christus fokus, dan heers sy vrede in jou hart. So, moenie hierdie week vir Screwtape laat wen nie. Weier om in konstante woede en frustrasie te leef. Vul eerder jou gedagtes met dit wat waar en rein is – en laat Jesus jou van binne-af nuut maak. Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Aug 5, 2026

Embed this episode

Send us Fan Mail Filippense 4:8 Ten slotte, broers en susters, vul julle gedagtes met alles wat waar, eerbaar, skoon, suiwer, lieflik en lofwaardig is. (NLV) Het jy al gesien hoe vinnig ’n mens vasgevang word in al die politieke stryery, die skinderstories op sosiale media of ander mense se foute? Jy kyk na die nuusopskrifte, lees die kommentaar onderaan en skud net jou kop. Voor jy jou oë uitvee, is jou vrede by die venster uit en voel jy sommer skoon benoud. C.S. Lewis het dit p...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

Ready to play

Moenie Screwtape laat Wen Nie

0:00 3:01

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 3 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on August 5, 2026.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!