Moenie teruggaan Tronk toe Nie episode artwork

EPISODE · May 9, 2025 · 3 MIN

Moenie teruggaan Tronk toe Nie

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailGalasiërs 5:13 Broers en susters, julle is inderdaad geroep om in vryheid te leef. Moet net nie die vryheid misbruik om sondige begeertes te bevredig nie, maar gebruik dit om mekaar met liefde te dien. (NLV) Ek is redelik seker daarvan dat net 'n enkele nag in ‘n tronk, genoeg van ‘n afskrikmiddel sal wees om my van enige toekomstige kriminele plannetjies, wat dalk in my hart mag skuil, te genees. Hoe voel jy oor die saak? Nouja, ek kan nie verstaan hoe sekere misdadigers herhaaldelik oortree nie.Tydens die Verbod-era - dis die tydperk tussen 1920 en 1933 toe daar in Amerika ‘n algehele verbod op alkohol ingestel was- het die Amerikaanse bendelid, Al Capone, bekendheid verwerf as die leier van die 'Chicago Outfit'. Dit was ‘n georganiseerde misdaadsindikaat wat smokkelary, dobbelary, dwelmhandel en prostitusie bestuur het. Hy was 'n gedugte kalant, maar die owerhede het hom uiteindelik vasgenael op, van alle dinge, belastingontduiking. Hy is tot 11 jaar in die federale gevangenis gevonnis en het selfs 'n rukkie in die berugte Alcatraz deurgebring.Hy is uiteindelik ná net sewe en 'n half jaar vrygelaat, omdat sy gesondheid merkbaar verswak het weens sifilis. Toe hy vrygelaat is, het hy sy kriminele lewenstyl voortgesit en uiteindelik in 1947 op die ouderdom van net 48, as 'n baie patetiese sieklike man, gesterf.Ten spyte van die verkryging van rykdom en mag, al is dit op oneerlike wyse verkry, het Capone sy kriminele lewenstyl herhaal en dit het hom uiteindelik sy lewe gekos.Galasiërs 5:13 Broers en susters, julle is inderdaad geroep om in vryheid te leef. Moet net nie die vryheid misbruik om sondige begeertes te bevredig nie, maar gebruik dit om mekaar met liefde te dien. (NLV)Jesus het jou vonnis vir jou aan die Kruis uitgedien deur te sterf om vir jou sonde te betaal. Hy het dit gedoen om jou vry te maak van al die sondige plannetjies wat in jou hart skuil. Gaan jy regtig jou swaar verworwe vryheid verkwis deur weer aanstoot te gee? Onthou, om terug te val in jou sonde, is fataal.Moenie jou vryheid as 'n verskoning gebruik om te doen wat jou sondige sélf behaag nie. Dien mekaar met liefde.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published May 9, 2025

Embed this episode

Send us Fan Mail Galasiërs 5:13 Broers en susters, julle is inderdaad geroep om in vryheid te leef. Moet net nie die vryheid misbruik om sondige begeertes te bevredig nie, maar gebruik dit om mekaar met liefde te dien. (NLV) Ek is redelik seker daarvan dat net 'n enkele nag in ‘n tronk, genoeg van ‘n afskrikmiddel sal wees om my van enige toekomstige kriminele plannetjies, wat dalk in my hart mag skuil, te genees. Hoe voel jy oor die saak? Nouja, ek kan nie verstaan hoe sekere misdadige...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Moenie teruggaan Tronk toe Nie

0:00 3:05

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 3 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on May 9, 2025.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!