Moenie Vergeet Om die Here Te Prys Nie episode artwork

EPISODE · Jun 5, 2024 · 2 MIN

Moenie Vergeet Om die Here Te Prys Nie

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailPsalm 96:1-4 Sing 'n nuwe lied tot eer van die Here, sing tot eer van die Here, almal op aarde! Sing tot eer van die Here, prys sy Naam, verkondig elke dag sy reddingsdade! Vertel die nasies van sy mag, al die volke van sy magtige dade. Die Here is groot, al die lof kom Hom toe, ontsagwekkend is Hy bo alle gode. Ons gevoelens wissel tussen positief en negatief. Wanneer alles lekker rustig gaan, voel ons goed. Ander kere, wanneer die wind van voor af kom - ek praat nou van toestande van ‘n matige ou windjie tot ‘n kategorie tien stormwind, voel ons nie meer so positief nie. Daar is somtyds tye wanneer ons sonder enige ooglopende rede voel asof ons wil ontplof! Dinge bekruip ons sonder dat ons dit besef. Uitbranding; 'n kernverhouding wat besig is om uit te rafel; of die daaglikse sleur wat jou absoluut uitmergel. Ja, ons gevoelens ry wipplank, of hoe?  En dit maak nie saak waar jy op hierdie oomblik op die welstandspektrum is nie, daar is een ding – miskien die beste oplossing van almal – wat vir jou (en vir my) so maklik is om van te vergeet: Psalm 96:1-4 Sing 'n nuwe lied tot eer van die Here, sing tot eer van die Here, almal op aarde! Sing tot eer van die Here, prys sy Naam, verkondig elke dag sy reddingsdade! Vertel die nasies van sy mag, al die volke van sy magtige dade. Die Here is groot, al die lof kom Hom toe, ontsagwekkend is Hy bo alle gode. Daar het jy dit. Ons vergeet van dié een groot ding wat ons moet doen: Ons moet die Here loof. Die woorde kan maklik sommer net as ‘n cliché gebruik word – prys die Here broer, prys die Here suster! Maar dis soveel meer as 'n terloopse stelling. Wanneer ons die Here se Naam grootmaak, wanneer ons  Hom loof en prys, vul Hy ons harte met soveel meer vertroue en vreugde as wat ons ooit kan verwag. Kom ons getuig gereeld; kom ons vertel mense van die groot dinge en die wonderlike dinge wat Hy in ons lewe gedoen het! Sing 'n nuwe lied tot eer van die Here, sing tot eer van die Here, almal op aarde. Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Jun 5, 2024

Embed this episode

Send us Fan Mail Psalm 96:1-4 Sing 'n nuwe lied tot eer van die Here, sing tot eer van die Here, almal op aarde! Sing tot eer van die Here, prys sy Naam, verkondig elke dag sy reddingsdade! Vertel die nasies van sy mag, al die volke van sy magtige dade. Die Here is groot, al die lof kom Hom toe, ontsagwekkend is Hy bo alle gode. Ons gevoelens wissel tussen positief en negatief. Wanneer alles lekker rustig gaan, voel ons goed. Ander kere, wanneer die wind van voor af kom - ek praat nou ...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Moenie Vergeet Om die Here Te Prys Nie

0:00 2:52

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 2 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on June 5, 2024.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!