Moenie Vergelyk Nie episode artwork

EPISODE · Feb 11, 2026 · 2 MIN

Moenie Vergelyk Nie

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailGalasiërs 6:4-5 Laat elkeen sy eie doen en late ondersoek: as dit goed is, kan hy daarop trots wees sonder om dit met dié van 'n ander te vergelyk. Elkeen sal rekenskap moet gee oor wat hy gedoen het. Het jy al ooit jou lewensreis met dié van ander vergelyk? Jy skiet altyd tekort, of hoe? Dit lyk asof hulle lewe soveel beter as joune is. Waarom het ek so ’n simpel lewe? Ek het ’n vriend wat sy besigheid vir sakke vol geld verkoop het; ‘n bedrag wat ek en jy skaars kan bereken. Hy gee die meeste van sy rykdom weg, maar hy het so baie geld dat hy nooit die soort kontantvloei-krisis wat ons gewone mense het, in die gesig hoef te staar nie. Ek het dikwels gedink hoe gelukkig hy is, wanneer ons, in die bediening, soms nie ons personeel betyds kon betaal nie. Ek het nog ’n vriend wat ongelooflik aantreklik is. Daarby het hy so ‘n fassinerende lewe; hy vlieg in besigheidsklas as ’n gesogte spreker die wêreld vol en beïndruk groot skares met sy briljantheid en insig. Ek het dikwels aan hom gedink, terwyl ek in die tweede agterste ry op ’n 14-uur-vlug in ‘n ekonomie- klas sitplek vasgegord was.Sien jy nou wat ek so pas gedoen het? Ek het jou van die goeie en glansryke dele van my vriende se lewens vertel, sonder om jou van hulle probleme te vertel. En dis presies wat ons doen wanneer ons onsself met ander vergelyk. Galasiërs 6:4-5 Laat elkeen sy eie doen en late ondersoek: as dit goed is, kan hy daarop trots wees sonder om dit met dié van 'n ander te vergelyk. Elkeen sal rekenskap moet gee oor wat hy gedoen het.Waarom meet ons ons lot in die lewe aan ander, eerder as om te fokus op die goeie wat ons reeds gedoen en bereik het en die geleenthede wat voorlê? Die realiteit is dat vergelykings óf trots óf onsekerheid kweek – nie een van die twee is goed vir ons nie; nie een van hulle eer God nie. Hou op om jouself met ander te vergelyk. Pas hierdie goddelike wysheid in jou lewe toe en leef soveel gelukkiger sonder daardie hunkering om wat jou naaste het, te besit.Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Feb 11, 2026

Embed this episode

Send us Fan Mail Galasiërs 6:4-5 Laat elkeen sy eie doen en late ondersoek: as dit goed is, kan hy daarop trots wees sonder om dit met dié van 'n ander te vergelyk. Elkeen sal rekenskap moet gee oor wat hy gedoen het. Het jy al ooit jou lewensreis met dié van ander vergelyk? Jy skiet altyd tekort, of hoe? Dit lyk asof hulle lewe soveel beter as joune is. Waarom het ek so ’n simpel lewe? Ek het ’n vriend wat sy besigheid vir sakke vol geld verkoop het; ‘n bedrag wat ek en jy skaars...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Moenie Vergelyk Nie

0:00 2:58

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 2 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on February 11, 2026.

Is there a transcript available for this episode?

Yes, a full transcript is available for this episode. You can read the complete transcript on the episode page.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!