Moenie Vrees of Ontsteld Raak Nie episode artwork

EPISODE · Apr 12, 2025 · 3 MIN

Moenie Vrees of Ontsteld Raak Nie

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailDeuteronomium31:7-8 Toe het Moses vir Josua geroep en vir hom gesê waar die hele Israel dit kon hoor: “Wees sterk, wees dapper! Jy gaan saam met hierdie volk in die land in wat die Here met 'n eed aan hulle voorvaders beloof het om aan hulle te gee. Jy moet hulle dit in besit laat neem. Die Here sal voor jou uit gaan. Hy sal by jou wees. Hy sal jou nie in die steek laat nie, jou nie alleen laat nie. Moenie bang wees nie, moenie skrik nie.” Moed, of ons kan dit ook dapperheid, sterkte, krag, of ruggraat noem, is moeilik om te beskryf. Dit is beslis 'n eienskap wat ons by ander bewonder. Ons vertrou dat ons dit ook het, alhoewel ons kliphard duimvashou dat ons dit nooit sal hoef te gebruik nie, want ‘n mens sal net moed nodig hê as jy regtig in 'n skrikwekkende situasie verkeer.Het jy al ooit in 'n situasie beland waar jy ‘n onpopulêre standpunt moes inneem, en jouself moedig moes verdedig? Hoe het dit gegaan? Het jy goed gevaar onder die druk, of het dit jou so ontwrig, dat jy dinge gesê en gedoen het, waarop jy nie trots is nie?Moenie jouself daaroor veroordeel nie. Daar is geen handboek waarin jy kan gaan oplees in afdeling 7, bladsy 23, wat jy moet doen in die moeilike situasie waarin jy verkeer nie. Dit is elke keer nuut, maar hopelik het jy al uit ander soortgelyke situasies geleer.Met my hele hart glo ek dat God wil hê dat jy voorbereid moet wees om daardie moeilike situasies; die uitdagings wat in jou gesin of in jou werkplek opduik, te trotseer … Deuteronomium 31:7-8 Toe het Moses vir Josua geroep en vir hom gesê waar die hele Israel dit kon hoor: “Wees sterk, wees dapper! Jy gaan saam met hierdie volk in die land in wat die Here met 'n eed aan hulle voorvaders beloof het om aan hulle te gee. Jy moet hulle dit in besit laat neem. Die Here sal voor jou uit gaan. Hy sal by jou wees. Hy sal jou nie in die steek laat nie, jou nie alleen laat nie. Moenie bang wees nie, moenie skrik nie.”Dit is een ding vir jou om te sê: "Wees sterk, wees dapper!” wanneer jy die grootste uitdaging van jou lewe op jou eie moet trotseer. Dit is heeltemal 'n ander ding, vir jou om diep in jou hart te weet dat die Here reeds voor jou uit gegaan het; dat Hy by jou sal wees; dat Hy jou nooit alleen sal laat of vir jou in die steek sal laat nie.Vertrou op Hom!Want dit is Sy Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Apr 12, 2025

Embed this episode

Send us Fan Mail Deuteronomium31:7-8 Toe het Moses vir Josua geroep en vir hom gesê waar die hele Israel dit kon hoor: “Wees sterk, wees dapper! Jy gaan saam met hierdie volk in die land in wat die Here met 'n eed aan hulle voorvaders beloof het om aan hulle te gee. Jy moet hulle dit in besit laat neem. Die Here sal voor jou uit gaan. Hy sal by jou wees. Hy sal jou nie in die steek laat nie, jou nie alleen laat nie. Moenie bang wees nie, moenie skrik nie.” Moed, of ons kan dit ook dap...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Moenie Vrees of Ontsteld Raak Nie

0:00 3:02

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 3 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on April 12, 2025.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!