My Gevolgtrekking episode artwork

EPISODE · Jun 4, 2025 · 2 MIN

My Gevolgtrekking

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailSpreuke 17:28 en 29:20 Wanneer ’n dwaas stilbly, kan dit lyk of hy wys is; en as hy sy mond toehou, lyk hy soos iemand met insig.. Jy sien self daar is meer hoop vir ’n dwaas as vir iemand wat praat sonder om eers te dink. (NLV) Sosiale media het vir mense 'n onmiddellike platform gegee om hul sienings aan die wêreld uit te basuin. Dis nou regtig nie iets nuuts nie, want mense skinder al vir jare lank oor die agterste heining met mekaar. Maar het jy agtergekom hoe die sosiale media gereeld mense wyd en syd heeltemal dom laat lyk? Hoe hulle ‘n krater van hulself maak, of soos ons sommer sê: hulle naam met ‘n plank slaan?Ek moet vir jou sê, ek hanteer sogenaamde 'feite' wat aanlyn gepubliseer word, met groot agterdog en met ‘n stewige knippie sout. Nie omdat ek van nature negatief of wantrouig is nie, maar omdat mense dikwels hul totaal ongegronde opinies as feite voorhou en daardeur talle mense van die wal af in die sloot in lei.Jy onthou dalk tydens verlede jaar se Olimpiese Spele toe die venynige opmerkings na Imane Khelif, die Algerynse bokser, geslinger is, omdat sy na bewering 'n transgender; ‘n biologiese man was, wat teen vroue meegeding het.Dit was vet op die vuur vir die sosiale media wat vinnig was om saam met die koor te sing. Tot al die lawaaimakers se verleentheid, sou dit later blyk dat sy nog altyd biologies ‘n vrou was, geen medikasie gebruik het nie en dat dit net negatiewe publisiteit was.Maar die ding wat my regtig pla, is wanneer Christene hulle met hierdie soort hul nonsens ophou en hulle sogenaamde ‘godsdienstige oortuigings’ en in ander se kele probeer afdruk. Hierdeur bring hulle die Evangelie van Jesus Christus se liefde in oneer.Spreuke 29:20 Wanneer ’n dwaas stilbly, kan dit lyk of hy wys is; en as hy sy mond toehou, lyk hy soos iemand met insig.Miskien, is die slimste om maar eenkant te sit en nie ‘n eiertjie te lê oor ‘n saak waaroor ons nie behoorlik ingelig is nie.Spreuke 17:38 Jy sien self daar is meer hoop vir ’n dwaas as vir iemand wat praat sonder om eers te dink. (NLV)Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Jun 4, 2025

Embed this episode

Send us Fan Mail Spreuke 17:28 en 29:20 Wanneer ’n dwaas stilbly, kan dit lyk of hy wys is; en as hy sy mond toehou, lyk hy soos iemand met insig.. Jy sien self daar is meer hoop vir ’n dwaas as vir iemand wat praat sonder om eers te dink. (NLV) Sosiale media het vir mense 'n onmiddellike platform gegee om hul sienings aan die wêreld uit te basuin. Dis nou regtig nie iets nuuts nie, want mense skinder al vir jare lank oor die agterste heining met mekaar. Maar het jy agtergekom hoe die s...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

My Gevolgtrekking

0:00 2:58

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 2 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on June 4, 2025.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!