‘n Ander Perspektief op Paasfees episode artwork

EPISODE · Jan 28, 2025 · 3 MIN

‘n Ander Perspektief op Paasfees

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailEksodus 12:12-13 “Daardie selfde nag sal Ek deur Egipte gaan om al die eerstelinge van die Egiptenaars, mens en dier, te tref. Met al die Egiptiese gode sal Ek afreken. Ek is die Here! Die bloed aan die huise waarin julle is, sal 'n teken wees: waar Ek die bloed sien, sal Ek die huis oorslaan, en die vernietigende slag waarmee Ek Egipte gaan tref, sal julle nie tref nie. Deur al die jare het die geskiedenis baie onverwagte kinkels en draaie geneem. Ons gaan vandag gesels oor een van daardie eienaardighede - as ek dit so kan noem. Ons weet seker nie almal dat dit vandag Chinese Oujaarsdag is nie. Maar weet jy, wat baie interessant is, is dat een van die Chinese tradisies 'n merkwaardige ooreenkoms met die Joodse Pasga het. Vreemd maar waar...Toe God die nasie Israel uit die kloue van Farao gered het, het Hy vir sy volk gesê...Eksodus 12:12-13 “Daardie selfde nag sal Ek deur Egipte gaan om al die eerstelinge van die Egiptenaars, mens en dier, te tref. Met al die Egiptiese gode sal Ek afreken. Ek is die Here! Die bloed aan die huise waarin julle is, sal 'n teken wees: waar Ek die bloed sien, sal Ek die huis oorslaan, en die vernietigende slag waarmee Ek Egipte gaan tref, sal julle nie tref nie.Watter betekenis het die bloed? Wel, die Israeliete is beveel om 'n lam te slag en sy bloed aan die sykante en bokante van hul deurkosyne te smeer sodat die doodsengel hulle sou verbygaan … vandaar die naam – Pasga wat figuurlik beteken: oorslaan of weglaat. Die Israeliete moes ook tydens die viering van die Pasga hul huise reinig van alle suurdeeg en slegs ongesuurde brood eet.En vanaand, voordat Chinese gesinne bymekaarkom om Oujaarsaand te vier, word hul huise deeglik skoongemaak om volgens hulle geloof slegte geluk weg te vee en plek vir goeie geluk te maak. Elke huishouding moet ook hul vensters en deure met rooi papier, waarop gedigte met gewilde temas soos geluk, rykdom en ’n lang lewe, geskryf is, versier. Dink net daaraan – hoe mense ook al Nuwe Jaar vier, rooi simboliseer die bloed van Jesus – die bloed van die Lam van God – om die sondes van die wêreld weg te neem toe Hy vir jou en my aan die Kruis gesterf het.En wanneer ons Jesus as ons Verlosser aanneem … sal God in werklikheid Jesus se bloed sien, sodat sy straf by ons verby sal gaan. Die kosbare bloed van Jesus, is deur die verbond beseël tot vergewing van ons sondes. (Matt 26:28)Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Jan 28, 2025

Embed this episode

Send us Fan Mail Eksodus 12:12-13 “Daardie selfde nag sal Ek deur Egipte gaan om al die eerstelinge van die Egiptenaars, mens en dier, te tref. Met al die Egiptiese gode sal Ek afreken. Ek is die Here! Die bloed aan die huise waarin julle is, sal 'n teken wees: waar Ek die bloed sien, sal Ek die huis oorslaan, en die vernietigende slag waarmee Ek Egipte gaan tref, sal julle nie tref nie. Deur al die jare het die geskiedenis baie onverwagte kinkels en draaie geneem. Ons gaan vandag gese...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

‘n Ander Perspektief op Paasfees

0:00 3:08

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 3 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on January 28, 2025.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!