‘n Ander Soort Wysheid episode artwork

EPISODE · Jun 6, 2026 · 3 MIN

‘n Ander Soort Wysheid

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailJakobus 3:16-17 want waar jaloesie en selfsugtige ambisie is, dáár sal jy ook wanorde en allerhande gemene dade kry. Maar die wysheid wat van Bo kom, is in die eerste plek suiwer. Verder is dit vredeliewend, inskiklik, bedagsaam. Dit is bereid om ontferming te betoon, en het goeie gevolge. Dit diskrimineer nooit en is altyd opreg. (NLV) Wat is jou definisie van wysheid? Iemand wat jy ontmoet, kan ongelooflik slim en suksesvol wees, maar jy kyk net een keer na hom en binne ongeveer drie sekondes kom jy tot die gevolgtrekking dat jy hom nooit as "wys" sou bestempel nie. In die 1950's en vroeë 60's het Dag Hammarskjöld, ‘n Sweedse diplomaat, as die Sekretaris-Generaal van die Verenigde Nasies gedien. In 'n wêreld vol Koue Oorlog-spanning, jaloesie en politieke valsheid, het Hammarskjöld stilweg 'n ander soort leierskap gehad. Hy was gekenmerk deur nederigheid, vaste morele beginsels en 'n diep persoonlike geloof in God.Sy lewe is deur tye van afsondering, gebed en diens, eerder as ambisie of magsvertoon, gekenmerk. Sy joernaal, Markings, het 'n lewe onthul wat nie deur ego nie, maar deur oorgawe, gekenmerk is.Terwyl sy tydgenote na politieke mag gehunker het, het hy vrede begeer - en hy is bestempel as ‘n nederige krag vir geregtigheid en versoening. Hy is, op ‘n missie om ‘n wapenstilstand in die Kongo te onderhandel, in 'n geheimsinnige vliegtuigongeluk dood. Hy het 'n bonatuurlike, goddelike soort wysheid gehad. Na sy dood is hy met ‘n Nobel Vredesprys geëer en bestempel as die grootste staatsman van die vorige eeu.Jakobus 3:16-17 want waar jaloesie en selfsugtige ambisie is, dáár sal jy ook wanorde en allerhande gemene dade kry. Maar die wysheid wat van Bo kom, is in die eerste plek suiwer. Verder is dit vredeliewend, inskiklik, bedagsaam. Dit is bereid om ontferming te betoon, en het goeie gevolge. Dit diskrimineer nooit en is altyd opreg. (NLV)My vriend, ware wysheid word bewys deur hoe jy leef, nie wat jy bereik nie. Wysheid is om te weet hoe om God se waarheid toe te pas en hoe om daardie waarheid uit te leef. En mense is honger daarvoor. Wees wys; bonatuurlik wys ... goddelik wys.Dis Sy Woord. Vars ... vir jou ... vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Jun 6, 2026

Embed this episode

Send us Fan Mail Jakobus 3:16-17 want waar jaloesie en selfsugtige ambisie is, dáár sal jy ook wanorde en allerhande gemene dade kry. Maar die wysheid wat van Bo kom, is in die eerste plek suiwer. Verder is dit vredeliewend, inskiklik, bedagsaam. Dit is bereid om ontferming te betoon, en het goeie gevolge. Dit diskrimineer nooit en is altyd opreg. (NLV) Wat is jou definisie van wysheid? Iemand wat jy ontmoet, kan ongelooflik slim en suksesvol wees, maar jy kyk net een keer na hom en bin...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

‘n Ander Soort Wysheid

0:00 3:14

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 3 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on June 6, 2026.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!