‘n Besondere Transformasie episode artwork

EPISODE · Oct 14, 2025 · 3 MIN

‘n Besondere Transformasie

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailMarkus 9:35 Jesus het gaan sit en die twaalf geroep. Hy sê toe vir hulle: “As iemand die eerste wil wees, moet hy die heel laaste en almal se dienaar wees.” Kom ons kyk vandag na die verskil tussen arrogansie en nederigheid. Hulle is wêrelde van mekaar verwyder, nè? Dink ‘n bietjie mooi – hoe sien ander jou? Is jy arrogant of nederig of êrens tussenin?Dis moeilik om in ons moderne tyd aan 'n meer dramatiese transformasie van arrogansie na nederigheid, as in die lewe van Nelson Mandela, te dink.Mandela was eens 'n vurige, militante leier wat geglo het dat gewapende weerstand die enigste manier was om apartheid te beëindig. Die sewe-en-twintig jaar in die tronk, waar hy volgens sekere bronne tot bekering gekom het, het hom nederig gemaak en hom geduld, vergifnis en die krag van versoening geleer.Toe hy vrygelaat is, het hy vrede bo wraak gekies en met alle mense saamgewerk om Suid-Afrika te verenig en homself nooit bo die gereg gestel nie. As president het hy met nederigheid gelei en nasionale genesing bo enige persoonlike wrokke geprioritiseer. Sy transformasie van 'n uitdagende rewolusionêre jong man na 'n wyse, deernisvolle leier het hom een van die geskiedenis se grootste staatsmanne gemaak.Mandela se verhaal wys net hoe nederigheid óór arrogansie triomfeer. En kyk wat het Jesus vir sy dissipels geleer:Markus 9:35 Jesus het gaan sit en die twaalf geroep. Hy sê toe vir hulle: “As iemand die eerste wil wees, moet hy die heel laaste en almal se dienaar wees.”Hoe dikwels verlang ons heimlik daarna om koning te kraai – sodat óns begeertes, óns behoeftes, óns gerief en óns perspektief voorrang bo almal s’n sal geniet? Ek vermoed dit gebeur baie meer gereeld, as wat ons wil erken.Miskien, moet ons almal ‘n bietjie kyk na ons houding, ons verhoudings en ons gedrag teenoor ander. Dalk sien ons in die proses 'n paar geleenthede om te herdefinieer wat dit beteken om eerste te wees.Jesus spel die "eerste plek" baie duidelik uit, nè? Dis daardie plek waar ons die heel laaste en almal se dienaar moet wees.”Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Oct 14, 2025

Embed this episode

Send us Fan Mail Markus 9:35 Jesus het gaan sit en die twaalf geroep. Hy sê toe vir hulle: “As iemand die eerste wil wees, moet hy die heel laaste en almal se dienaar wees.” Kom ons kyk vandag na die verskil tussen arrogansie en nederigheid. Hulle is wêrelde van mekaar verwyder, nè? Dink ‘n bietjie mooi – hoe sien ander jou? Is jy arrogant of nederig of êrens tussenin? Dis moeilik om in ons moderne tyd aan 'n meer dramatiese transformasie van arrogansie na nederigheid, as in die lewe va...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

‘n Besondere Transformasie

0:00 3:08

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 3 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on October 14, 2025.

Is there a transcript available for this episode?

Yes, a full transcript is available for this episode. You can read the complete transcript on the episode page.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!