‘n Les Wat Geleer Moet Word episode artwork

EPISODE · Sep 3, 2025 · 3 MIN

‘n Les Wat Geleer Moet Word

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailFilippense  4:11-13 Ek sê dit nie omdat ek iets kortkom nie. Ek het regtig geleer om onder alle omstandighede reg te kom. Ek weet wat dit is om boomskraap te lewe, en ek weet wat dit is om oorvloed te hê. Ek het lewenservaring opgedoen vir alle omstandighede, vir wanneer ek genoeg het om te eet én wanneer ek honger is, vir oorvloed én tekort. Ek kan alles doen deur Hom wat my krag gee. (NLV) Dit maak nie saak hoeveel ons reeds het nie, daar is ‘n drang hier binne elkeen van ons, wat net so ‘n bietjie meer wil hê. En daardie begeerte na meer, is die aartsvyand van tevredenheid.Die leuen wat ons onsself vertel, is die volgende: as ek net daardie bietjie meer het (wat dit ook al mag wees), dan sal ek vir ewig tevrede wees.Imelda Marcos, ‘n politikus en weduwee van die tiende Filippynse president, het bekend gestaan as die Eerste Dame van die Filippyne. Sy was berug vir haar reuse skoenversameling. In 1986, toe haar man, Ferdinand, weens hulle korrupsie uit sy magsposisie verwyder is, is daar by die drie duisend pare skoene in haar woning ontdek – 'n versameling wat sy bymekaargemaak het terwyl 'n groot deel van die Filippynse bevolking in ontsettende armoede geleef het.Die waarheid is dat as ons net altyd meer en meer wil hê, ons nooit tevrede sal wees nie. Dit is regtig tragies dat tevredenheid 'n les is wat op sy beste in ‘n situasie van lyding geleer word.Kyk wat skryf die apostel Paulus uit sy tronksel …Filippense 4:11-13 Ek sê dit nie omdat ek iets kortkom nie. Ek het regtig geleer om onder alle omstandighede reg te kom. Ek weet wat dit is om boomskraap te lewe, en ek weet wat dit is om oorvloed te hê. Ek het lewenservaring opgedoen vir alle omstandighede, vir wanneer ek genoeg het om te eet én wanneer ek honger is, vir oorvloed én tekort. Ek kan alles doen deur Hom wat my krag gee. (NLV)Tevredenheid kom nie natuurlik nie, nee my vriend, wat wel natuurlik kom, is die voortdurende begeerte na meer. Ja, dis reg, tevredenheid is 'n les wat ons moet leer. En terwyl ons dit in die hitte van die stryd leer, dra dit, ten spyte ons omstandighede, wonderlike vrugte. Jy leer dat … Christus die een is wat jou die krag sal gee wat jy nodig het om te doen wat jy ook al moet doen.Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Sep 3, 2025

Embed this episode

Send us Fan Mail Filippense 4:11-13 Ek sê dit nie omdat ek iets kortkom nie. Ek het regtig geleer om onder alle omstandighede reg te kom. Ek weet wat dit is om boomskraap te lewe, en ek weet wat dit is om oorvloed te hê. Ek het lewenservaring opgedoen vir alle omstandighede, vir wanneer ek genoeg het om te eet én wanneer ek honger is, vir oorvloed én tekort. Ek kan alles doen deur Hom wat my krag gee. (NLV) Dit maak nie saak hoeveel ons reeds het nie, daar is ‘n drang hier binne e...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

‘n Les Wat Geleer Moet Word

0:00 3:10

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 3 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on September 3, 2025.

Is there a transcript available for this episode?

Yes, a full transcript is available for this episode. You can read the complete transcript on the episode page.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!