‘n Moeitewerd Lewe episode artwork

EPISODE · Jun 28, 2025 · 3 MIN

‘n Moeitewerd Lewe

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan Mail1 Johannes 5:11-12 En die getuienis behels dít: God het ons die ewige lewe gegee, en dié lewe is deur sy Seun. Wie die Seun het, het die lewe; wie nie die Seun van God het nie, het ook nie die lewe nie. Weet my, dis regtig nie my bedoeling om mense aanstoot te gee nie! Sommige dae is dit onvermydelik dat party mense sal voel dat ek op hulle tone trap … en dat dit wat ek sê, hulle ontstel. Vandag kan dalk net so 'n dag wees...Hou jy daarvan om gemaklik te wees? Ek hou beslis daarvan. Ek het 'n sagte, bruin leer sitkamerstoel in die hoek van my studeerkamer. Ek het dit al jare lank en ek is seker dis die gemaklikste stoel waarin ek nog ooit gesit het. Dit is my dink-stoel, my bid-stoel, my ontspan-stoel.Ons hou daarvan om onsself met gemak te omring, en so weef ons deesdae toenemend 'n snoesige wolkombersie van gerieflike waarhede, waarin ons onsself kan toevou. Dis nou nie so vreeslik belangrik dat sommige van hierdie waarhede nou nie heeltemal waar is nie. Inteendeel een of twee mag dalk heeltemal van koers af wees, solank (a) hulle net gemaklik is en (b) niemand vir ons aanstoot gee deur vir ons te vertel dat ons onsself bedrieg nie...So verskoon my as dit jou wel aanstoot gee, maar eendag gaan jy sterf en dan moet jy voor God staan. Hy sal ons almal oordeel. Hy sal besluit of ons die ewigheid saam met Hom in die hemel, of geskei van Hom, in die hel, sal deurbring. En …1 Johannes 5:11-12 En die getuienis behels dít: God het ons die ewige lewe gegee, en dié lewe is deur sy Seun. Wie die Seun het, het die lewe; wie nie die Seun van God het nie, het ook nie die lewe nie.So, God se maatstaf om die een groep van die ander te skei, sal wees: of jy in Jesus geglo het of nie, of jy jou vertroue volkome in Jesus gestel het en of jy jou hele lewe vir Jesus geleef het.Of hierdie waarheid vir jou belangrik is of nie, of dit in die gemaklike, snoesige wolkombersie van jóú waarhede pas of nie; of dit jou aanstoot gee of nie, dit ís en bly die ewige waarheid.Wie die Seun het, het die lewe, maar wie die Seun van God nie het nie, het nie die lewe nie.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Jun 28, 2025

Embed this episode

Send us Fan Mail 1 Johannes 5:11-12 En die getuienis behels dít: God het ons die ewige lewe gegee, en dié lewe is deur sy Seun. Wie die Seun het, het die lewe; wie nie die Seun van God het nie, het ook nie die lewe nie. Weet my, dis regtig nie my bedoeling om mense aanstoot te gee nie! Sommige dae is dit onvermydelik dat party mense sal voel dat ek op hulle tone trap … en dat dit wat ek sê, hulle ontstel. Vandag kan dalk net so 'n dag wees... Hou jy daarvan om gemaklik te wees? Ek hou...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

‘n Moeitewerd Lewe

0:00 3:10

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 3 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on June 28, 2025.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!