‘n Noodlottige Skeiding episode artwork

EPISODE · Mar 24, 2026 · 3 MIN

‘n Noodlottige Skeiding

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailJesaja 59:1-2 Die arm van die Here is nie te kort om te help nie en sy oor is nie te doof om te hoor nie. Dit is julle oortredinge wat skeiding gebring het tussen julle en julle God, dit is julle sondes wat maak dat Hy Hom nie aan julle steur nie en nie na julle wil luister nie. Het jy al ooit gewonder wat die oorsaak daarvan is dat verhoudings in duie stort? Sê my, hoe word 'n eens liefdevolle, sorgsame, florerende verhouding uitmekaar geskeur? Dít wat mooi was, verander in 'n hartseer skeiding wat eenvoudig nie in woorde uitgedruk kan word nie.Hendrik VIII van Engeland was aanvanklik baie lief vir Katharina van Aragon, sy eerste vrou. Maar hy is verstrik deur wellus vir Anne Boleyn en 'n obsessie om 'n manlike erfgenaam te hê. Hy het geweier om geestelike raad te aanvaar en hy het probeer om hul huwelik nietig te verklaar. Toe die Pous weier, het Hendrik nie net bande met Rome nie, maar ook met Katharina, die vrou wat hom meer as twintig jaar getrou bygestaan het, verbreek.Katharina is verban en sy is selfs nie toegelaat om haar dogter, Maria, te sien nie. Sy het van ‘n gebroke hart gesterf. Dit was Hendrik se sonde, wellus, trots en opsetlike rebellie wat hierdie  belangrikste verhouding uitmekaar geskeur het. En hoewel hy nog vyf keer getrou het, sou geeneen die lojaliteit en liefde van Katharina geëwenaar het nie.Baie mense hou nie van die woord "sonde" nie. Maar dit het 'n ernstige impak. Ek gebruik dit doelbewus hier, want sonde is altyd - altyd! - die oorsaak van gebroke verhoudings. En dis nie tot menslike verhoudings beperk nie.Jesaja 59:1-2 Die arm van die Here is nie te kort om te help nie en sy oor is nie te doof om te hoor nie. Dit is julle oortredinge wat skeiding gebring het tussen julle en julle God, dit is julle sondes wat maak dat Hy Hom nie aan julle steur nie en nie na julle wil luister nie.Dit is verskriklik dat God nie na ons sal wil luister nie, nè? Maar, hier staan dit: sonde verbreek jou verhouding met God. Wanneer jy na Hom terugkeer en sy vergifnis vra, en glo dat Jesus gesterf het om die prys van jou sonde te betaal - is die Here se krag genoeg om jou te red.Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Mar 24, 2026

Embed this episode

Send us Fan Mail Jesaja 59:1-2 Die arm van die Here is nie te kort om te help nie en sy oor is nie te doof om te hoor nie. Dit is julle oortredinge wat skeiding gebring het tussen julle en julle God, dit is julle sondes wat maak dat Hy Hom nie aan julle steur nie en nie na julle wil luister nie. Het jy al ooit gewonder wat die oorsaak daarvan is dat verhoudings in duie stort? Sê my, hoe word 'n eens liefdevolle, sorgsame, florerende verhouding uitmekaar geskeur? Dít wat mooi was, verand...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

Ready to play

‘n Noodlottige Skeiding

0:00 3:10

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 3 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on March 24, 2026.

Is there a transcript available for this episode?

Yes, a full transcript is available for this episode. You can read the complete transcript on the episode page.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!