‘n Nuwe Manier om te Dink episode artwork

EPISODE · Jun 14, 2024 · 2 MIN

‘n Nuwe Manier om te Dink

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailRomeine 12:2 Julle moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie, maar laat God julle verander deur julle denke te vernuwe. Dan sal julle ook kan onderskei wat die wil van God is, wat vir Hom goed en aanneemlik en volmaak is. Kan ek jou vra: wat oorheers jou gedagtes? Waaraan dink jy onwillekeurig weer en weer? Jy sal met ‘n skok besef wat die antwoord van so ‘n onthullende oefening is, wanneer jy jouself afvra: wáároor jy dink.Vir sommige mense is dit geld en finansiële sekuriteit. Vir ander, 'n verhouding. Soms word ons gedagtes oorheers deur loopbaanaspirasies. Ander kere is daar 'n enkele probleem wat ons in die gesig staar wat dikwels in ons gedagtes opduik. Wat is daardie ‘ding’ op hierdie oomblik vir jou? Wat oorheers jou gedagtes?Dit kan 'n bietjie konfronterend wees, as jy in Jesus glo en God liefhet, om te besef dat baie van jou denke oorheers word deur die dinge wat jy wil hê. Jy dink die meeste van die tyd aan die dinge van hierdie wêreld, eerder as dit wat God wil hê – sy wil vir jou lewe. Miskien is dit tyd om hand in eie boesem te steek?Romeine 12:2 Julle moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie, maar laat God julle verander deur julle denke te vernuwe. Dan sal julle ook kan onderskei wat die wil van God is, wat vir Hom goed en aanneemlik en volmaak is.Wat wil God vir jou hê? Wel, dit kan 'n verskeidenheid van op- en afdraandes inhou. Maar wat ook al sy plan vir jou lewe is, jy kan absoluut seker hiervan wees: dat sy wil goed, perfek en volmaak is. Jy kan vir niks beter vra nie.Indien jy dalk in jou gedagtes en verlange van Hom af weggedryf het, roep God jou vandag terug.Laat God julle verander deur julle denke te vernuwe - met 'n nuwe manier van dink.Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Jun 14, 2024

Embed this episode

Send us Fan Mail Romeine 12:2 Julle moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie, maar laat God julle verander deur julle denke te vernuwe. Dan sal julle ook kan onderskei wat die wil van God is, wat vir Hom goed en aanneemlik en volmaak is. Kan ek jou vra: wat oorheers jou gedagtes? Waaraan dink jy onwillekeurig weer en weer? Jy sal met ‘n skok besef wat die antwoord van so ‘n onthullende oefening is, wanneer jy jouself afvra: wáároor jy dink. Vir sommige mense is dit geld en fi...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

‘n Nuwe Manier om te Dink

0:00 2:49

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 2 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on June 14, 2024.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!