‘n Nuwerwetse Ingesteldheid episode artwork

EPISODE · Mar 30, 2025 · 2 MIN

‘n Nuwerwetse Ingesteldheid

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan Mail1 Petrus 2:1 Julle moet julleself distansieer van alle slegte gedrag, van elke vorm van valsheid, van voorgee wat julle nie is nie, van jaloesie en alle kwaadpratery. (NLV) Deesdae is dit ‘n baie groot uitdaging om nie mense se gevoelens seer te maak nie. Met die vinnige opgang van identiteitspolitiek; en noudat soveel verskillende identiteite deur die gemeenskap aanvaar word, kan dit voel asof jy permanent op die eiers van politieke korrektheid loop.Toemaar, ek verstaan dat die wêreld besig is om te verander. Party veranderinge is vir ons beswil, maar party ander is... nie so eenvoudig nie. Om die landmyne van mense se gevoelens te ontwyk, is dus dikwels 'n moeilike en delikate ding om te doen.En tog is daar 'n paar basiese beginsels wat nooit verander nie. Kyk wat sê die apostel Petrus:1 Petrus 2:1 Julle moet julleself distansieer van alle slegte gedrag, van elke vorm van valsheid, van voorgee wat julle nie is nie, van jaloesie en alle kwaadpratery. (NLV)Ons kan, sonder om hulle te verkleineer, sonder om hulle seer te maak, van mense verskil. Wanneer ons in liefde van hulle verskil, kan hulle steeds seergemaak voel, en weet jy, dit is iets wat ons nie kan beheer nie. Maar, kom ons doen dit met vriendelikheid, sagmoedigheid en liefde as ons van hulle gaan verskil.En om voor te gee om iemand te wees wat jy nie is nie; om oneerlik te wees; om leuens te vertel; om mense doelbewus te flous en te bedrieg - is tog nie hoe ‘n mens wil lewe nie. Nee, my liewe mens, moet dit nie doen nie. Jaloesie en skinderpraatjies gaan hand aan hand … en as gevolg van ons eie gebrekkige selfbeeld, is dit dikwels baie moeilik om te vermy, maar ons moet hierdie gedrag aanspreek.Ja, ek verstaan dat daar, wanneer dit by mense se emosies kom, in hierdie vinnig veranderende wêreld soveel landmyne is waaroor ons baie versigtig moet tree. Maar, as ons eerlik is, is daar sommige dinge wat ons redelik maklik kan verander.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Mar 30, 2025

Embed this episode

Send us Fan Mail 1 Petrus 2:1 Julle moet julleself distansieer van alle slegte gedrag, van elke vorm van valsheid, van voorgee wat julle nie is nie, van jaloesie en alle kwaadpratery. (NLV) Deesdae is dit ‘n baie groot uitdaging om nie mense se gevoelens seer te maak nie. Met die vinnige opgang van identiteitspolitiek; en noudat soveel verskillende identiteite deur die gemeenskap aanvaar word, kan dit voel asof jy permanent op die eiers van politieke korrektheid loop. Toemaar, ek vers...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

‘n Nuwerwetse Ingesteldheid

0:00 2:59

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 2 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on March 30, 2025.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!