‘n Onaanvaarbare Konsep episode artwork

EPISODE · Apr 7, 2024 · 3 MIN

‘n Onaanvaarbare Konsep

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailRomeine 10:9 As jy met jou mond bely dat Jesus die Here is, en met jou hart glo dat God Hom uit die dood opgewek het, sal jy gered word. Dit maak nie saak onder watter regeringstelsel jy toevallig leef nie, maar ons het almal vandag die begeerte om vry te wees en om selfbeskikking te ervaar. Ja, ons hou nie daarvan om deur ander mense gesê te word wat om te doen en wat om nie te doen nie.Ek is doodseker daardie begeerte na vryheid is 'n ingebore menslike eienskap. Die idee om iemand oor jou te laat heers, is vir die meeste mense 'n onaanvaarbare konsep. En tog sê God se Woord in:Romeine 10:9 As jy met jou mond bely dat Jesus die Here is, en met jou hart glo dat God Hom uit die dood opgewek het, sal jy gered word.En natuurlik gaan dit nie daaroor om slegs te sê "Jesus is die Here nie"; dit gaan daaroor om dit diep in jou hart te glo; om Hom as jou Leier te aanvaar; om jou lewe daaruit te leef omdat dit waar is. Dit gaan daaroor om 'n diep, blywende verbintenis tot die heerskappy van Christus in jou lewe te hê; om sy volkome gesag oor jou lewe te omhels.Dis geen wonder dat diegene wat nie in Jesus glo nie, en ongelukkig ook baie mense wat wel in Hom glo, die moontlikheid om Hom heerskappy oor hul lewens te gee, afstootlik vind. Maar die groot paradoks is dat wanneer ons Hom wel aanvaar as die absolute Heerser oor ons lewens, dan en eers dan, word ons waarlik vry. Dan en eers dan, word ons gered van die sonde wat ons lewens geteister het, wat ons beroof het van die vryheid waarna ons nog altyd gesmag het.Mag ek jou vra, in watter mate het jy die heerskappy van Christus oor jou lewe aanvaar? Ja, daar is baie mense wat glo, maar bitter min wat hulle werklik aan Christus se heerskappy onderwerp. Baie bely dat hulle Christene is, maar weier om God se Woord as die waarheid te aanvaar en dit te gehoorsaam.As (en net as) jy met jou mond bely dat Jesus die Here is, en met jou hart glo dat God Hom uit die dood opgewek het, sal jy gered word.Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Apr 7, 2024

Embed this episode

Send us Fan Mail Romeine 10:9 As jy met jou mond bely dat Jesus die Here is, en met jou hart glo dat God Hom uit die dood opgewek het, sal jy gered word. Dit maak nie saak onder watter regeringstelsel jy toevallig leef nie, maar ons het almal vandag die begeerte om vry te wees en om selfbeskikking te ervaar. Ja, ons hou nie daarvan om deur ander mense gesê te word wat om te doen en wat om nie te doen nie. Ek is doodseker daardie begeerte na vryheid is 'n ingebore menslike eienskap. D...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

‘n Onaanvaarbare Konsep

0:00 3:10

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 3 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on April 7, 2024.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!