‘n Onveranderbare Lewensbeginsel episode artwork

EPISODE · Apr 2, 2025 · 2 MIN

‘n Onveranderbare Lewensbeginsel

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailSpreuke 11:25 Wie 'n ander voorspoed gun, sal self oorvloed hê. Wie die dors van ander les, sal self genoeg kry as hy dors is. Sekere natuurwette is onveranderbaar. Dit maak nie saak hoe hard jy probeer; hoe hard jy op hulle skree en skree nie, of wat jy ook al doen nie, hulle sal nie buig nie, hulle sal nie verander nie.Op 5 Julie 1687 het die fisikus en wiskundige, Isaac Newton, die dokument "Mathematical Principles of Natural Philosophy" gepubliseer. Ek en jy het dit op skool leer ken as Newton se Bewegingswette.Die eerste gaan oor traagheid (as iets nie beweeg nie, sal dit in ‘n rustoestand bly, maar as iets beweeg, sal dit aanhou beweeg totdat iets dit keer). Die tweede gaan oor versnelling (hoe harder jy iets druk, hoe vinniger sal dit beweeg). Die derde is die bekendste een (vir elke aksie is daar 'n gelyke en teenoorgestelde reaksie).Daardie wette staan vas. Al staan jy op jou kop, kan jy hulle nie verander nie. Dis hoe die wêreld werk. Nog 'n wet - een wat dalk nie so voor die hand liggend is nie, een wat nie van Newton kom nie, maar van die Een wat die hele wêreld geskep het – dit is hierdie een in:Spreuke 11:25 Wie 'n ander voorspoed gun, sal self oorvloed hê. Wie die dors van ander les, sal self genoeg kry as hy dors is.Ons dink dat die lewe volgens ‘n wen-verloor-beginsel werk. Ek het 'x', ek gee 'y' weg, nou het ek net 'x minus y' oor. God se koninkryk werk op ‘n heeltemal ander stelsel. Ek het 'x', ek gee 'y' weg … maar nou sit ek met '2 keer x', '3 keer y', '10 keer z' en wat ook al anders God kies om by te voeg.Dit is 'n vaste wet waarop God se heelal funksioneer. Jy kan dit nie verander nie.Gee vryelik, en jy sal oorvloed hê. Help ander, en jy sal gehelp word wanneer jy dit nodig het.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Apr 2, 2025

Embed this episode

Send us Fan Mail Spreuke 11:25 Wie 'n ander voorspoed gun, sal self oorvloed hê. Wie die dors van ander les, sal self genoeg kry as hy dors is. Sekere natuurwette is onveranderbaar. Dit maak nie saak hoe hard jy probeer; hoe hard jy op hulle skree en skree nie, of wat jy ook al doen nie, hulle sal nie buig nie, hulle sal nie verander nie. Op 5 Julie 1687 het die fisikus en wiskundige, Isaac Newton, die dokument "Mathematical Principles of Natural Philosophy" gepubliseer. Ek en jy het ...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

Ready to play

‘n Onveranderbare Lewensbeginsel

0:00 2:56

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 2 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on April 2, 2025.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!