‘n Onverwagte Ontdekking episode artwork

EPISODE · May 27, 2026 · 2 MIN

‘n Onverwagte Ontdekking

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailMatteus 13:44 “Met die koninkryk van die hemel gaan dit soos met 'n skat wat in 'n saailand onder die grond lê. Wanneer iemand dit kry, maak hy dit weer toe; en omdat hy baie in sy skik is, gaan verkoop hy alles wat hy het, en hy koop daardie land. Het jy al ooit daardie aha-ervaring gehad wanneer jy iets verstommends ontdek? 'n Juweel, wat te midde van die skuim van die lewe, alles verander?Hulle beweer dat 'n Ethiopiese bokwagter in die 9de eeu n.C. opgemerk dat sy bokke energiek geword het nadat hulle die rooi bessies van 'n spesifieke struik geëet het. Hy het gewonder hoe hy sal voel as hy self van die bessies eet; en wonder bo wonder, het hy verkwik gevoel. Monnike het later die bessies gebruik om tydens lang gebede wakker te bly. En dit, my vriend,  was die begin van koffie se reis; van wilde plante met rooi bessies tot ‘n besondere drankie wat wêreldwyd geniet word!Deesdae neem ons koffie as vanselfsprekend aan, en ek dink nie vir ‘n oomblik daaraan dat dit deur 'n klomp bokke ontdek is nie!God versteek dikwels skatte - nie om dit van ons te weerhou nie - maar om vir iemand wat opreg daarna soek, toe te laat om dit te vind. Een oomblik van ontdekking kan alles verander. Jesus het dit so gestel in:Matteus 13:44 “Met die koninkryk van die hemel gaan dit soos met 'n skat wat in 'n saailand onder die grond lê. Wanneer iemand dit kry, maak hy dit weer toe; en omdat hy baie in sy skik is, gaan verkoop hy alles wat hy het, en hy koop daardie land.Waar is die skat van God se koninkryk? Buite in die oopte vir almal om te sien? Nee! Dit is weggesteek in 'n saailand. En daardie skat is so kosbaar dat 'n mens alles sal verkoop net om dit te hê.God het iemand met ‘n soekende hart lief. En sy Woord is vol wonders; wonders wat alles verander; wonders so ongelooflik dat hulle die snuisterye en versiersels van hierdie wêreld waardeloos maak.Miskien is dit hoekom God soveel nader voel, wanneer ons vrae het, as wanneer ons dink dat ons al die antwoorde het. Gaan! Gaan soek die skat!Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published May 27, 2026

Embed this episode

Send us Fan Mail Matteus 13:44 “Met die koninkryk van die hemel gaan dit soos met 'n skat wat in 'n saailand onder die grond lê. Wanneer iemand dit kry, maak hy dit weer toe; en omdat hy baie in sy skik is, gaan verkoop hy alles wat hy het, en hy koop daardie land. Het jy al ooit daardie aha-ervaring gehad wanneer jy iets verstommends ontdek? 'n Juweel, wat te midde van die skuim van die lewe, alles verander? Hulle beweer dat 'n Ethiopiese bokwagter in die 9de eeu n.C. opgemerk dat sy b...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

‘n Onverwagte Ontdekking

0:00 2:55

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 2 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on May 27, 2026.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!