‘n Persoonlike Aanval episode artwork

EPISODE · Apr 16, 2025 · 2 MIN

‘n Persoonlike Aanval

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailJohannes 10:31-33 Die Jode het toe weer klippe opgetel om Hom te stenig, maar Jesus sê vir hulle: “Op gesag van die Vader het Ek julle talle goeie dade laat sien. Oor watter een daarvan wil julle My stenig?” “Dis nie oor 'n goeie daad dat ons jou wil stenig nie,” antwoord die Jode Hom, “maar oor godslastering, omdat jy, wat 'n gewone mens is, jou as God voordoen.” Ons ken almal die uitdrukking wat dikwels in kommentaar by rugbywedstryde gebruik word: “hy speel die man en nie die bal nie.” Dis 'n klassieke taktiek wat gebruik word wanneer jy ‘n individu se argument wil afskiet - eerder as om sy of haar optrede of argument aan te val; val jy die persoon aan.Dit is iets wat jy oral sien - in die politiek beslis, in die werkplek, in gemeenskapsgroepe, oral. In die klassieke Britse komedie, "Yes Minister," het die gewetenlose staatsamptenaar, sir Humphrey Appleby, dit so gestel:Jy moet die mense laat glo dat hierdie man ’n warm, vrygewige mens is. Dan wys jy die gehoor daarop dat dit net ’n front is en dat hy hulle mislei omdat hy in der waarheid ’n koue, konkelende politikus is.Slim, humoristies … maar in die kol. As jy die goeie dinge wat iemand doen, wil ondermyn, gooi klippe na die individu, nie na hul optrede nie. Dit is presies wat hier aan die gang was: Johannes 10:31-33 Die Jode het toe weer klippe opgetel om Hom te stenig, maar Jesus sê vir hulle: “Op gesag van die Vader het Ek julle talle goeie dade laat sien. Oor watter een daarvan wil julle My stenig?” “Dis nie oor 'n goeie daad dat ons jou wil stenig nie,” antwoord die Jode Hom, “maar oor godslastering, omdat jy, wat 'n gewone mens is, jou as God voordoen.”Jesus het natuurlik verstaan wat besig was om te gebeur en het hulle uitgedaag: “Oor watter een daarvan wil julle My stenig? En nie lank daarna nie, het hulle Hom wel doodgemaak.Hierdie aanvalle op Jesus gaan vandag nog voort. Moenie geflous word nie. Kyk na sy goedheid. Kyk na alles wat Hy gesê en gedoen het. Want my vriend, Hy het na hierdie aarde gekom vir jou.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Apr 16, 2025

Embed this episode

Send us Fan Mail Johannes 10:31-33 Die Jode het toe weer klippe opgetel om Hom te stenig, maar Jesus sê vir hulle: “Op gesag van die Vader het Ek julle talle goeie dade laat sien. Oor watter een daarvan wil julle My stenig?” “Dis nie oor 'n goeie daad dat ons jou wil stenig nie,” antwoord die Jode Hom, “maar oor godslastering, omdat jy, wat 'n gewone mens is, jou as God voordoen.” Ons ken almal die uitdrukking wat dikwels in kommentaar by rugbywedstryde gebruik word: “hy speel die man e...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

‘n Persoonlike Aanval

0:00 2:39

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 2 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on April 16, 2025.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!