‘n Radikale Kopskuif episode artwork

EPISODE · Sep 17, 2024 · 2 MIN

‘n Radikale Kopskuif

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailMarkus 9:35 Jesus het gaan sit en die twaalf geroep. Hy sê toe vir hulle: “As iemand die eerste wil wees, moet hy die heel laaste en almal se dienaar wees.” Baie van die struweling in hierdie wêreld, gaan oor mense wat stry oor wie die belangrikste is; wie die rykste is; wie as die mees indrukwekkende persoon en as die leier van die groep gesien word. Maar my vriend, hierdie wedywering om ‘gesien’ te word, begin ongelukkig al deesdae baie vroeg, reeds in die kinderjare.As julle broers en susters het, sal julle ongetwyfeld onthou hoe julle vroeër ook onder mekaar baklei het. Ek en my suster het beslis. Ja, en jy weet dis ook onvermydelik deel van jou kinders se grootwordproses. Dit is hoekom dit pa en ma se werk is om hulle die moeilike lewenslesse vroeg te leer, sodat hulle uiteindelik verantwoordelike volwassenes sal word.Maar soos ons gister gesien het, het Jesus se twaalf dissipels nie hulle lesse die eerste keer foutloos geleer nie. Hulle het in hierdie situasie gestry oor wie die belangrikste in hulle groep is. Maar toe Jesus hulle daaroor uitvra, het hulle besef dat hulle kleinlik en onvolwasse optree. Hulle het so skaam gekry dat hulle Hom nie kon antwoord nie. Jesus het natuurlik geweet waaroor hulle gestry het. Maar kom ons kyk hoe Hy die situasie hanteer het: Markus 9:35 Jesus het gaan sit en die twaalf geroep. Hy sê toe vir hulle: “As iemand die eerste wil wees, moet hy die heel laaste en almal se dienaar wees.”Dit is iets wat enigiemand met lewenservaring verstaan. Diegene wat ons die meeste gehelp het, is diegene vir wie ons die grootste respek in ons lewens het. So, hoekom het die dissipels dit nie verstaan nie? Hoekom is dit dat óns dit soms eenvoudig nie verstaan nie?Omdat ons van nature selfsugtig en onvolwasse is. Soos kinders wil óns die belangrikste wees. Regtig?! Wil jy ook die belangrikste wees? Onthou dan:“As iemand die eerste wil wees, moet hy die heel laaste en almal se dienaar wees.”Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Sep 17, 2024

Embed this episode

Send us Fan Mail Markus 9:35 Jesus het gaan sit en die twaalf geroep. Hy sê toe vir hulle: “As iemand die eerste wil wees, moet hy die heel laaste en almal se dienaar wees.” Baie van die struweling in hierdie wêreld, gaan oor mense wat stry oor wie die belangrikste is; wie die rykste is; wie as die mees indrukwekkende persoon en as die leier van die groep gesien word. Maar my vriend, hierdie wedywering om ‘gesien’ te word, begin ongelukkig al deesdae baie vroeg, reeds in die kinderjare...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

‘n Radikale Kopskuif

0:00 2:50

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 2 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on September 17, 2024.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!