‘n Spesiale Dag episode artwork

EPISODE · Jan 29, 2025 · 2 MIN

‘n Spesiale Dag

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan Mail Eksodus 12:14,17 “Hierdie dag moet vir julle 'n gedenkdag wees. Julle moet dit as 'n fees tot eer van die Here vier. Vir julle nageslag moet dit 'n vaste instelling wees wat hulle moet vier. … “Onderhou die fees van die ongesuurde brood, want die eerste dag van die fees is die presiese dag waarop Ek julle stamme uit Egipte bevry het. Julle en julle nageslagte moet dié dag altyd as 'n vaste instelling vier.”Vandag is vir meeste van ons net nog 'n dag. Maar vir een en 'n half biljoen Chinese is dit 'n spesiale dag. As jy toevallig iemand wat Chinees is, ken, kan jy hulle gerus 'n gelukkige Nuwe Jaar toewens.Gister het ons gesien dat een spesifieke Chinese Nuwejaars-tradisie 'n interessante ooreenkoms met die Joodse Pasga het. Chinese mense hang stroke rooi papier met gedigte met goeie wense daarop, aan hul deurkosyne en vensters. Dit herinner ons aan die bloed van die lammetjie wat God die Israeliete beveel het om op hul deurkosyne te smeer op die aand toe Hy hulle vrygemaak het van die Egiptenare. En dit, was 'n blote voorsmakie van die werklike offer – Jesus, die Lam van God – wat eeue later aan 'n kruis gesterf het om mense soos jy en ek te red van ons slawerny aan – wel, kom ons stel dit duidelik – ons sonde.Op die Chinese Nuwejaarsdag ontmoet en groet mense mekaar met goeie wense. Dit is iets wat hulle jaar na jaar doen. ‘n Bietjie soos die Joodse volk wat die bevryding uit slawerny jaarliks herdenk. Dit is wat God hulle beveel het om te doen:Eksodus 12:14,17 “Hierdie dag moet vir julle 'n gedenkdag wees. Julle moet dit as 'n fees tot eer van die Here vier. Vir julle nageslag moet dit 'n vaste instelling wees wat hulle moet vier. … “Onderhou die fees van die ongesuurde brood, want die eerste dag van die fees is die presiese dag waarop Ek julle stamme uit Egipte bevry het. Julle en julle nageslagte moet dié dag altyd as 'n vaste instelling vier.”Daardie rooi bloed is ook 'n simbool van lewe. Jesus het sy lewe gegee om die prys te betaal wat God se geregtigheid vir jou en my sonde eis, om ons 'n nuwe lewe te gee. 'n Lewe van vryheid. 'n Ewige lewe. Dit is die moeite werd om dit altyd te onthou en te herdenk.En dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Jan 29, 2025

Embed this episode

Send us Fan Mail Eksodus 12:14,17 “Hierdie dag moet vir julle 'n gedenkdag wees. Julle moet dit as 'n fees tot eer van die Here vier. Vir julle nageslag moet dit 'n vaste instelling wees wat hulle moet vier. … “Onderhou die fees van die ongesuurde brood, want die eerste dag van die fees is die presiese dag waarop Ek julle stamme uit Egipte bevry het. Julle en julle nageslagte moet dié dag altyd as 'n vaste instelling vier.” Vandag is vir meeste van ons net nog 'n dag. Maar vir een en '...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

‘n Spesiale Dag

0:00 2:52

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 2 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on January 29, 2025.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!