‘n Splinternuwe Perspektief episode artwork

EPISODE · Mar 25, 2025 · 2 MIN

‘n Splinternuwe Perspektief

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailMarkus 6:7-9 Hy het sy twaalf dissipels nadergeroep en hulle twee-twee uitgestuur. Hy het ook aan hulle die gesag gegee om bose geeste uit te dryf. Verder het Hy aan hulle opdrag gegee om niks behalwe ’n kierie saam te neem nie – geen kos, geen rugsak, geen geld nie. (NLV) Voel jy soms asof jy nooit die pyp sal kan rook nie? Tensy jy toevallig fenominaal talentvol, ryk en goed geplaas is, dan het jy, soos ek, ongetwyfeld al gevoel dat jy nie goedgenoeg is nie; of dit oor jou finansies, jou hulpbronne, jou eie vermoë of in vergelyking met mense rondom jou is. En daardie gevoel dat jy iewers te kort skiet, is nie so lekker nie, is dit?Ek onthou hoe ek gevoel het toe ek een en twintig jaar gelede die rol van uitvoerende hoof van die organisasie, wat hierdie boodskappe produseer, oorgeneem het. Dit was soos ‘n groot berg voor my. Daar was feitlik geen finansiële ondersteuning nie en geen geld in die bank nie. Boonop was ek nog nooit voorheen by media betrokke nie, dus het ek geen benul gehad van wat om te doen nie, en om alles te kroon, was daar ook geen personeel om my te help nie.Die organisasie wat aanvanklik radioboodskappe geproduseer het, was glad nie meer in bedryf nie. Dit was beslis die regte tyd om die hele onderneming vaarwel toe te roep en om die idee van daaglikse oordenkings vir die radio te produseer, te laat vaar. Dit was regtig ‘n baie somber prentjie.Wat my destyds geïnspireer het, was die wyse waarop Jesus sy dissipels uitgestuur het:Markus 6:7-8 Hy het sy twaalf dissipels nadergeroep en hulle twee-twee uitgestuur. Hy het ook aan hulle die gesag gegee om bose geeste uit te dryf. Verder het Hy aan hulle opdrag gegee om niks behalwe ’n kierie saam te neem nie – geen kos, geen rugsak, geen geld nie. (NLV)Jesus het hulle sonder enige aardse hulpmiddels uitgestuur. Dis reg, al wat hulle gehad het was sy mag en gesag. En dit was meer as genoeg.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Mar 25, 2025

Embed this episode

Send us Fan Mail Markus 6:7-9 Hy het sy twaalf dissipels nadergeroep en hulle twee-twee uitgestuur. Hy het ook aan hulle die gesag gegee om bose geeste uit te dryf. Verder het Hy aan hulle opdrag gegee om niks behalwe ’n kierie saam te neem nie – geen kos, geen rugsak, geen geld nie. (NLV) Voel jy soms asof jy nooit die pyp sal kan rook nie? Tensy jy toevallig fenominaal talentvol, ryk en goed geplaas is, dan het jy, soos ek, ongetwyfeld al gevoel dat jy nie goedgenoeg is nie; of dit ...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

Ready to play

‘n Splinternuwe Perspektief

0:00 2:39

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 2 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on March 25, 2025.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!