EPISODE · Aug 16, 2026 · 2 MIN
‘n Teësinnige Bekeerling
from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet
Send us Fan Mail2 Samuel 7:22 Daarom is U groot, oppermagtige Here! Daar is niemand soos U nie. Ons het nog nooit gehoor van enige God soos U nie Wat vat dit om ’n lewe te verander? Vir sommige mense is dit nie slim argumente of lang debatte nie – dis ’n ontmoeting met die lewende God wat jy eenvoudig nie kan ignoreer nie.Een van die bekendste ateïste van die 20ste eeu, die skrywer van die Narnia-reeks, C.S. Lewis, het homself eenkeer beskryf as die mees teësinnige bekeerling in die hele Engeland.Hy is nie deur emosie oortuig nie, maar deur die werklikheid van God wat eenvoudig deurgebreek het in sy lewe.Terwyl hy met die waarheid geworstel het, het hy besef dié God wat hy probeer ontken het, was nie net ’n idee nie, maar ’n Persoon. Daardie ontmoeting met Christus het alles verander – die skeptikus het een van die grootste Christelike skrywers van alle tye geword.Koning Dawid het presies dieselfde besef:2 Samuel 7:22 sê: Daarom is U groot, oppermagtige Here! Daar is niemand soos U nie. Ons het nog nooit gehoor van enige God soos U nie.Die punt is dat Dawid vir God in aksie gesien het – en hy het gewéét daar is niemand soos Hy nie. Dis die kern van wat die bekende prediker R.C. Sproul gesê het toe iemand hom gevra het wat die verskil tussen die Christelike God en ander gode is. Sy antwoord was eenvoudig: Die grootste verskil is dit – die God van die Christendom bestaan.Die God wat bestaan, is ’n God wat dinge doen. En in Christus het Hy eens en vir altyd ingegryp om jou te red. Moenie net van Hom weet nie. Ervaar Hom. Kyk vandag hoe Hy in jou eie lewe aan die werk is. Want wanneer jy Hom in aksie sien, sal jy ook nie anders kan as om uit te roep:Daar is niemand soos U nie. Daar is geen God buiten U nie! Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Embed this episode
What this episode covers
Send us Fan Mail 2 Samuel 7:22 Daarom is U groot, oppermagtige Here! Daar is niemand soos U nie. Ons het nog nooit gehoor van enige God soos U nie Wat vat dit om ’n lewe te verander? Vir sommige mense is dit nie slim argumente of lang debatte nie – dis ’n ontmoeting met die lewende God wat jy eenvoudig nie kan ignoreer nie. Een van die bekendste ateïste van die 20ste eeu, die skrywer van die Narnia-reeks, C.S. Lewis, het homself eenkeer beskryf as die mees teësinnige bekeerling in die h...
Ready to play
‘n Teësinnige Bekeerling
No transcript for this episode yet
Similar Episodes
No similar episodes found.
Similar Podcasts
No similar podcasts found.