‘n Uitverkore Volk episode artwork

EPISODE · Jan 30, 2025 · 2 MIN

‘n Uitverkore Volk

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailKolossense 3:12 Julle is die uitverkore volk van God wat Hy baie liefhet. Daarom moet julle meelewend, goedgesind, nederig, sagmoedig en verdraagsaam wees Stel jou voor jy kan die horlosie terugdraai en die vele foute wat jy, net soos ek, in jou lewe gemaak het, ongedaan maak. Wat sou jy verander? Wat sou jy anders doen ... as jy kon oor begin?Die slegte nuus is dat ons nie die horlosie kan terugdraai nie. Ons kan nie ons foute uitvee nie. Ons kan nie daardie slegte besluite in goeies verander nie.So, kom ons blaai die bladsy om na goeie nuus. Ons het vandag nog ‘n geleentheid. Daar lê nog 'n toekoms vir ons voor. Daar is ‘n werklike geleentheid om met die verlede te breek; om dinge anders te doen; om anders te reageer op dié dinge wat ons lelik laat optree het.Maar verandering is moeilik. Ek is van nature ‘n baie selfgedissiplineerde individu, maar tog sukkel ek om my gebreke en my aangeleerde gedragspatrone op my eie te hanteer. Wat van jou? So hier is die goeie nuus:Kolossense 3:12 Julle is die uitverkore volk van God wat Hy baie liefhet. Daarom moet julle meelewend, goedgesind, nederig, sagmoedig en verdraagsaam wees.Die doel van God se plan om Jesus na hierdie aarde toe te stuur, was altyd om vir ons 'n nuwe lewe te gee. Dis iets wat ons nie op ons eie kan regkry nie; dit maak nie saak hoe gedissiplineerd ons is nie; dit maak nie saak hoe hard ons probeer nie.Dit is God self wat ons heilig maak; wat ons as een van sy uitverkorenes aanvaar.En wanneer dit gebeur, wanneer ons ons vertroue in Jesus plaas, begin daardie nuwe lewe bietjie vir bietjie ontvou. ’n Nuwe lewe wat getuig van: barmhartigheid, vriendelikheid, nederigheid, sagmoedigheid en geduld.Dis die nuwe lewe wat God vir jou het. Jesus.Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Jan 30, 2025

Embed this episode

Send us Fan Mail Kolossense 3:12 Julle is die uitverkore volk van God wat Hy baie liefhet. Daarom moet julle meelewend, goedgesind, nederig, sagmoedig en verdraagsaam wees Stel jou voor jy kan die horlosie terugdraai en die vele foute wat jy, net soos ek, in jou lewe gemaak het, ongedaan maak. Wat sou jy verander? Wat sou jy anders doen ... as jy kon oor begin? Die slegte nuus is dat ons nie die horlosie kan terugdraai nie. Ons kan nie ons foute uitvee nie. Ons kan nie daardie slegte b...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

‘n Uitverkore Volk

0:00 2:39

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 2 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on January 30, 2025.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!