‘n Verandering van Tempo episode artwork

EPISODE · Apr 25, 2025 · 2 MIN

‘n Verandering van Tempo

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailSpreuke 15:22 Waar daar nie beraadslaging is nie, slaag planne nie; dit slaag wanneer daar baie raadgewers is. Hier is nou ‘n vraag oor ‘n baie interessante kwessie: wat is erger as om nie die spesifieke huweliksmaat te vind waarna jy smag nie? En die antwoord is: trou met die verkeerde een!Nouja, miskien is jy nie tans op soek na 'n sielsgenoot nie. Miskien is jy reeds gelukkig getroud, en dis wonderlik, maar dalk is daar op die oomblik iemand in jou vriendekring wat daarna smag om getroud te wees.In my laat dertigerjare was ek weer enkellopend. Ek het gesmag na 'n sielsgenoot nadat ek 'n paar jaar van hartseer en die trauma van verraad en verlies moes hanteer. Een of twee “geskikte troubare kandidate” – as ek hulle so mag noem – het hulself “aangemeld.” Een van hulle het ek uitgevind was van baie losse sedes. Sy was ook nogal “dors,” en as sy eers aan die drink was, het sy te veel gedrink. Maar sy was mooi en ek was eensaam. Kan sy dalk die een wees? Miskien kan ek haar verander?Ek was baie kwesbaar en kon maklik in daardie strik getrap het. Maar 'n paar godvresende, getroue vriende het my gewaarsku om nie by haar betrokke te raak nie. Gelukkig het ek tot besinning gekom en na hulle geluister.Spreuke 15:22 Waar daar nie beraadslaging is nie, slaag planne nie; dit slaag wanneer daar baie raadgewers is.Op die oud end het daardie selfde vrou 'n verhouding met 'n getroude man gehad. Wys jou net! Heelwat later het God vir Jacqui oor my pad gebring – ‘n wonderlike godvresende vrou. Ons is nou al amper 27 jaar getroud!Of dit nou jy is wat dit moet hoor, of iemand in jou vriendekring, luister na hierdie raad van iemand wat omgee: Dis beter om lank te wag as om verkeerd te trou.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Apr 25, 2025

Embed this episode

Send us Fan Mail Spreuke 15:22 Waar daar nie beraadslaging is nie, slaag planne nie; dit slaag wanneer daar baie raadgewers is. Hier is nou ‘n vraag oor ‘n baie interessante kwessie: wat is erger as om nie die spesifieke huweliksmaat te vind waarna jy smag nie? En die antwoord is: trou met die verkeerde een! Nouja, miskien is jy nie tans op soek na 'n sielsgenoot nie. Miskien is jy reeds gelukkig getroud, en dis wonderlik, maar dalk is daar op die oomblik iemand in jou vriendekring wa...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

‘n Verandering van Tempo

0:00 2:52

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 2 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on April 25, 2025.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!