‘n Verkeerde Beeld van God episode artwork

EPISODE · Dec 2, 2023 · 3 MIN

‘n Verkeerde Beeld van God

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailGalasiërs 3:26,27 Deur hierdie geloof in Christus Jesus is julle nou almal kinders van God, want julle almal wat deur die doop met Christus verenig is, het nou deel van Christus geword. In hierdie wêreld, vol luukse goedere soos handsakke, skoene, klere, ensovoorts, is daar 'n massiewe en groeiende bedryf wat bestaan uit die vervaardiging en smokkel van nagemaakte produkte. Vervalsings van bekende handelsmerke word oral as die ware Jakob bemark.Ek is nie behep met luukse goedere nie. Dit het nooit vir my sin gemaak om duisende dollars vir 'n handsak of 'n paar skoene te betaal nie. Maar vanuit 'n kommersiële perspektief, is hierdie - vervalste goedere (“knockoffs”) 'n bedrieglike wanvoorstelling van die waarheid. Dit is waarom hierdie praktyk in die meeste lande onwettig is.Hierdie goedkoop nabootsings is op die ou end ook nie so duursaam soos die egte duurder produkte nie.En wat is nou ons gevolgtrekking? ‘n Nabootsing is ‘n wanvoorstelling en dis nie 'n mooi ding nie. En dit is hoekom daar so ‘n probleem is met Christene wat Christus wanvoorstel. Ons stel Hom verkeerd voor wanneer ons sy naam dra, maar nie sy karakter weerspieël nie.Galasiërs 3:26,27 Deur hierdie geloof in Christus Jesus is julle nou almal kinders van God, want julle almal wat deur die doop met Christus verenig is, het nou deel van Christus geword. Dit is waarom Paulus dan ook in Kolossense 3:12 sê: Beklee julle dan, as uitverkorenes van God, heiliges en geliefdes, met innerlike ontferming, goedertierenheid, nederigheid, sagmoedigheid, lankmoedigheid. Mag ek jou vra, as jy in Jesus glo, of jy “beklee is met Christus”? Is jou aard, jou karakter baie soos Jesus s’n, of nie? Wanneer mense jou ervaar, is dit vir hulle soos interaksie met Jesus of met die duiwel? Ons antwoorde op hierdie vrae maak saak … baie saak.Hoekom? Omdat dit die valse-Christene is wat sy handelsmerk misbruik, wat goedkoop nabootsings van Christus is. Hulle is ‘n wanvoorstelling; durf ek sê, 'n struikelblok, wat mense daarvan weerhou om Jesus self te ken.Christene, beklee julle met Christus!Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Dec 2, 2023

Embed this episode

Send us Fan Mail Galasiërs 3:26,27 Deur hierdie geloof in Christus Jesus is julle nou almal kinders van God, want julle almal wat deur die doop met Christus verenig is, het nou deel van Christus geword. In hierdie wêreld, vol luukse goedere soos handsakke, skoene, klere, ensovoorts, is daar 'n massiewe en groeiende bedryf wat bestaan uit die vervaardiging en smokkel van nagemaakte produkte. Vervalsings van bekende handelsmerke word oral as die ware Jakob bemark. Ek is nie behep met l...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

‘n Verkeerde Beeld van God

0:00 3:04

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 3 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on December 2, 2023.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!