‘n Voorbeeld van ‘n Wonderwerk episode artwork

EPISODE · Jun 1, 2026 · 3 MIN

‘n Voorbeeld van ‘n Wonderwerk

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailPsalm 139:13-14 U self het my diepste wese gemaak, my in die moederskoot gevorm. Ek loof U omdat U my so besonder wonderlik gemaak het. U werke is wonderbaar, ek weet dit alte goed! (NLV) Ek wonder of ons ooit werklik besef hoeveel van die dinge wat ons as vanselfsprekend aanvaar, eintlik wonderwerke is wat elke minuut van elke dag gebeur. Dinge wat, as ons werklik daaroor nadink, nie slegs die manier waarop ons die wêreld sien nie, maar ook die wyse waarop ons onsself sien, sal verander.So, kom ons kyk na jou. Het jy geweet dat jy 99.999% leë ruimte is? Wag, laat ek verduidelik: Atome bestaan uit 'n uiters klein, digte kern en word omring deur ‘n relatief groot volume elektrone, wat beteken materie is eintlik leë ruimte. As al die leë spasie in die atome van 'n menslike liggaam verwyder sou word, sou die oorblywende materie omtrent so groot soos 'n stoffie wees, hoewel dit steeds sy volle massa behou. Die leë spasie beteken nie die liggaam is "niks" nie; dit is 'n funksie van elektromagnetiese kragte en kwantummeganika, nie vaste materie nie. So ja, maak dit sin? Vaste materie is meestal glad nie solied nie. Wat ons as "solied" ervaar, is eintlik die gevolg van onsigbare kragte, nie fisiese kontak nie.Dus bestaan ek en jy amper geheel en al uit leë ruimte. Ongelooflik nè? Kyk hoe die psalmis die Here loof in: Psalm 139:13-14 U self het my diepste wese gemaak, my in die moederskoot gevorm. Ek loof U omdat U my so besonder wonderlik gemaak het. U werke is wonderbaar, ek weet dit alte goed! (NLV)Wanneer jy terugstaan en in die spieël na jouself kyk, is dit absoluut wonderlik hoe God jou met die hand gemaak het; hoe kompleks, hoe ingewikkeld, hoe wonderlik jy eintlik is … veral wanneer jy besef dat jy 99.999% leë ruimte is!Soos Hans Christian Anderson, die skrywer van die sprokies wat ons as kinders gelees het, opgemerk het: Die hele wêreld is 'n reeks wonderwerke. Maar ons het so gewoond geraak daaraan dat ons dit gewone dinge noem.So, moet asseblief nooit vergeet dat jy die sprekende voorbeeld van ‘n wonderwerk is nie; want jy is op 'n baie gekompliseerde en wonderbaarlike manier gemaak.Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Jun 1, 2026

Embed this episode

Send us Fan Mail Psalm 139:13-14 U self het my diepste wese gemaak, my in die moederskoot gevorm. Ek loof U omdat U my so besonder wonderlik gemaak het. U werke is wonderbaar, ek weet dit alte goed! (NLV) Ek wonder of ons ooit werklik besef hoeveel van die dinge wat ons as vanselfsprekend aanvaar, eintlik wonderwerke is wat elke minuut van elke dag gebeur. Dinge wat, as ons werklik daaroor nadink, nie slegs die manier waarop ons die wêreld sien nie, maar ook die wyse waarop ons onsself ...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

‘n Voorbeeld van ‘n Wonderwerk

0:00 3:22

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 3 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on June 1, 2026.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!