Neem jou Sabbatsrus episode artwork

EPISODE · Jul 6, 2024 · 3 MIN

Neem jou Sabbatsrus

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailMarkus 2:27,28 Toe sê Hy vir hulle: “Die Sabbat is daar ter wille van die mens – nie die mens ter wille van die Sabbat nie. 28Daarom het Ek, die Seun van die Mens, seggenskap ook oor die Sabbat.” Welkom by Saterdag, die dag waarop God sy volk beveel het om te rus. Die sabbat, of Shabbat in Hebreeus, duur van sononder Vrydag tot sononder Saterdag. Daardie woord, Shabbat, word gewoonlik as ‘rus’ vertaal. Maar miskien is dit ‘n meer akkurate vertaling om te sê ‘om op te hou werk’; die staking van aktiewe arbeid op die laaste dag van die week. Ek is mal daaroor dat Shabbat Vrydagaand al begin. Vrydagaande is vir my 'n spesiale tyd. Trouens, dit is my gunsteling tyd van die week. Na 'n harde en bevredigende week se werk - werk in die bediening wat vir my groot vreugde en vervulling bring, maar nietemin harde werk behels - is dit so 'n spesiale gevoel om te kan terugstaan; op te hou met werk en ‘n bietjie te rus. Nouja, daardie patroon werk nie vir almal nie, ek verstaan dit. Maar elkeen van ons het minstens een rusdag per week nodig, verkieslik twee.  Destyds het die godsdienstige leiers, skynheiliges wat hulle was, Jesus aangeval omdat hy toegelaat het, dat sy dissipels eenkeer op ‘n Sabbat by ‘n oop veld, graan pluk om te eet. Maar Jesus het geantwoord: Markus 2:27,28 Toe sê Hy vir hulle: “Die Sabbat is daar ter wille van die mens – nie die mens ter wille van die Sabbat nie. Daarom het Ek, die Seun van die Mens, seggenskap ook oor die Sabbat.” Met ander woorde, God het 'n dag bepaal wat opsy gesit moet word sodat ons kan ophou met ons arbeid … hoekom? Om ons te help. Hy gee dit as 'n seën vir ons. God het vir jou 'n Shabbatrus geskep. Moenie dit verkwis nie. Kies elke week 'n dag en hou op om te werk. Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Jul 6, 2024

Embed this episode

Send us Fan Mail Markus 2:27,28 Toe sê Hy vir hulle: “Die Sabbat is daar ter wille van die mens – nie die mens ter wille van die Sabbat nie. 28Daarom het Ek, die Seun van die Mens, seggenskap ook oor die Sabbat.” Welkom by Saterdag, die dag waarop God sy volk beveel het om te rus. Die sabbat, of Shabbat in Hebreeus, duur van sononder Vrydag tot sononder Saterdag. Daardie woord, Shabbat, word gewoonlik as ‘rus’ vertaal. Maar miskien is dit ‘n meer akkurate vertaling om te sê ‘om ...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

Ready to play

Neem jou Sabbatsrus

0:00 3:06

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 3 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on July 6, 2024.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!