Neem ‘n Kans of Verloor Die Geleentheid episode artwork

EPISODE · Feb 25, 2026 · 2 MIN

Neem ‘n Kans of Verloor Die Geleentheid

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailEster 4:13-16 “Moenie dink net jy van al die Jode sal vrykom omdat jy in die koning se paleis is nie. As jy nóú swyg en daar kom van 'n ander kant af uitkoms en redding vir die Jode, sal jy en jou familie omkom. Wie weet, miskien is dit juis met die oog op 'n tyd soos hierdie dat jy koningin geword het!”Ester het toe vir Mordegai laat weet: “Gaan maak al die Jode wat in Susan is, bymekaar en vas ter wille van my. Julle moet drie dae, dag en nag, niks eet en drink nie. Ek en my kamerpersoneel sal ook vas. Daarna sal ek na die koning toe gaan, al is dit teen die wet. As ek moet omkom, moet ek maar omkom.” Daar is tye in die lewe wanneer jy moet vasstaan en dapper wees om te doen wat reg is; om te doen wat jy weet jy moet doen. As jy 'n gebore entrepreneur is, kan risiko-neem maklik wees. Maar vir die meeste mense is dit beslis nie so maklik nie.In die 5de eeu v.C. het Ester, ‘n Joodse meisie, die koningin van Persië geword toe sy getroud is met koning Xerxes. Die koning is deur ‘n jaloerse man, Haman, bedrieg om ‘n bevel uit te vaardig dat al die Jode doodgemaak moet word. Ester wou na haar man, die koning, gaan om by hom te pleit om haar volk te red.Daar was slegs een probleem. Die Persiese wet het enigiemand, selfs die koningin, verbied om ongenooid na die koning te gaan. As die koning nie sy goue septer uitgesteek het na die persoon wat na hom toe wil kom nie, is die skuldige doodgemaak. Haar oom, Mordegai, het vir haar hierdie boodskap van buite die paleis gestuur:Ester 4:13-14 “Moenie dink net jy van al die Jode sal vrykom omdat jy in die koning se paleis is nie. As jy nóú swyg en daar kom van 'n ander kant af uitkoms en redding vir die Jode, sal jy en jou familie omkom. Wie weet, miskien is dit juis met die oog op 'n tyd soos hierdie dat jy koningin geword het!” Dit was die uitdaging aan Ester. Hoe sou sy reageer?Ester 4:15-16 Ester het toe vir Mordegai laat weet: “Gaan maak al die Jode wat in Susan is, bymekaar en vas ter wille van my. Julle moet drie dae, dag en nag, niks eet en drink nie. Ek en my kamerpersoneel sal ook vas. Daarna sal ek na die koning toe gaan, al is dit teen die wet. As ek moet omkom, moet ek maar omkom.”Soms vereis geloof dat ons alles op die spel plaas. Maar wees gerus: God bepaal die uitkoms. Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Feb 25, 2026

Embed this episode

Send us Fan Mail Ester 4:13-16 “Moenie dink net jy van al die Jode sal vrykom omdat jy in die koning se paleis is nie. As jy nóú swyg en daar kom van 'n ander kant af uitkoms en redding vir die Jode, sal jy en jou familie omkom. Wie weet, miskien is dit juis met die oog op 'n tyd soos hierdie dat jy koningin geword het!” Ester het toe vir Mordegai laat weet: “Gaan maak al die Jode wat in Susan is, bymekaar en vas ter wille van my. Julle moet drie dae, dag en nag, niks eet en drink nie. Ek en ...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Neem ‘n Kans of Verloor Die Geleentheid

0:00 2:46

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 2 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on February 25, 2026.

Is there a transcript available for this episode?

Yes, a full transcript is available for this episode. You can read the complete transcript on the episode page.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!