Net God Weet episode artwork

EPISODE · Feb 8, 2025 · 2 MIN

Net God Weet

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailLukas 12:6,7 “Word vyf mossies nie vir twee sent verkoop nie? Tog word nie een van hulle deur God vergeet nie. Selfs die hare op julle kop is almal getel. Moenie bang wees nie. Julle is meer werd as baie mossies.” Het iemand jou al tot die dood toe verveel deur vir jou iets in soveel detail te vertel dat jy kon slange vang? Op 'n stadium … het jy totaal alle belangstelling verloor.Sommige mense het baie lang asems, nie waar nie? En kom ons wees eerlik: ons het baie van ons eie dinge om te doen; ons eie eindelose lysies om te hanteer, sonder om na hulle sinnelose gebabbel te luister.Nouja, dink jy nie dat God ook baie besig moet wees nie? Kyk net na al die dinge in die wêreld wat Hy moet doen! Dink jy dat Hy in die klein dingetjies van jóú lewe sal belangstel? Dit kan tog nie van Hom verwag word nie! Dit sal nogal hartseer wees, want die dinge wat in ons lewens aangaan, maak regtig vir ons saak. Al daardie detail – ons verhoudings, ons gevoelens, ons finansies, ons gesondheid, ons families, ons vriende, ons probleme – al daardie goed, is die goed waaruit ons lewens bestaan.Wat sê jy… is dit belangrik vir God, of nie? Maar Jesus kom en beantwoord daardie vraag duidelik en eenvoudig in taal wat ek en jy kan verstaan...Lukas 12:6,7 “Word vyf mossies nie vir twee sent verkoop nie? Tog word nie een van hulle deur God vergeet nie. Selfs die hare op julle kop is almal getel. Moenie bang wees nie. Julle is meer werd as baie mossies.”Weet jy hoeveel hare jy op jou kop het? Nee, maar God weet. Met ander woorde, Hy weet alles van jou, elke klein detail, elke stukkie inligting wat ander mense as onbenullig sal beskou.Hoekom? Want Hy het jou liewer as wat jy ooit kan weet.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Feb 8, 2025

Embed this episode

Send us Fan Mail Lukas 12:6,7 “Word vyf mossies nie vir twee sent verkoop nie? Tog word nie een van hulle deur God vergeet nie. Selfs die hare op julle kop is almal getel. Moenie bang wees nie. Julle is meer werd as baie mossies.” Het iemand jou al tot die dood toe verveel deur vir jou iets in soveel detail te vertel dat jy kon slange vang? Op 'n stadium … het jy totaal alle belangstelling verloor. Sommige mense het baie lang asems, nie waar nie? En kom ons wees eerlik: ons het baie v...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Net God Weet

0:00 2:49

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 2 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on February 8, 2025.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!