Net Goeie Dinge Vloei Uit episode artwork

EPISODE · Jan 10, 2025 · 3 MIN

Net Goeie Dinge Vloei Uit

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailLukas 6:45 Die goeie mens bring die goeie te voorskyn uit die oorvloed goeie dinge in sy hart, en die slegte mens bring die slegte te voorskyn uit die oorvloed slegte dinge. Waar die hart van vol is, loop die mond van oor.” Kardiovaskulêre siektes – hoofsaaklik hartaanvalle en beroertes – is verantwoordelik vir een derde van alle sterftes. Dit sal vandag, môre, die volgende dag en elke dag vir die res van die jaar, 51 000 mense se dood dwarsdeur die wêreld veroorsaak.En hierdie hartsiektes, of CVD’s, soos dit bekendstaan, word gesien as is 'n neweproduk van die Westerse leefstyl wat die wêreld oorgeneem het: Kyk na ons leefstyl! Wat eet ons? Hoogs verwerkte voedsel. Hoeveel oefening doen ons? Nie veel nie - ons kan seker in 'n minder mate, ons toenemende sittende bestaan blameer. En weet jy, aan die begin van die 20ste eeu, was hartsiektes byna onbekend.Dus, as ons net al daardie verwerkte voedsel vervang met vars, heel kosse – kosse wat ons kan herken as regte vrugte, groente, vleis en vis, eerder as kos wat uit blikkies, flesse, bokse of pakkies kom – sal sekerlik miljoene lewens gered word.Dis regtig tragies. Maar weet jy, daar is ‘n baie ernstiger vorm van hartsiektes wat lewens vernietig. Dis daardie soort wat Adam en Eva, baie goed leer ken het nadat hulle van die vrugte, wat God hulle verbied het om van te eet, geëet het. Jesus het dit so gestel:Lukas 6:45 Die goeie mens bring die goeie te voorskyn uit die oorvloed goeie dinge in sy hart, en die slegte mens bring die slegte te voorskyn uit die oorvloed slegte dinge. Waar die hart van vol is, loop die mond van oor.”So, in watter toestand is jou hart? Het jou lewenstyl dalk die goedheid waarmee God jou hart wou vul, vervang met die verwerkte boosheid van die wêreld en sy weë? En watter veranderinge moet jy vandag maak om dinge reg te stel? Die goeie mens bring die goeie te voorskyn uit die oorvloed goeie dinge in sy hart, en die slegte mens bring die slegte te voorskyn uit die oorvloed slegte dinge.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Jan 10, 2025

Embed this episode

Send us Fan Mail Lukas 6:45 Die goeie mens bring die goeie te voorskyn uit die oorvloed goeie dinge in sy hart, en die slegte mens bring die slegte te voorskyn uit die oorvloed slegte dinge. Waar die hart van vol is, loop die mond van oor.” Kardiovaskulêre siektes – hoofsaaklik hartaanvalle en beroertes – is verantwoordelik vir een derde van alle sterftes. Dit sal vandag, môre, die volgende dag en elke dag vir die res van die jaar, 51 000 mense se dood dwarsdeur die wêreld veroorsaak. ...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Net Goeie Dinge Vloei Uit

0:00 3:13

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 3 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on January 10, 2025.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!