Nuwe Woorde, Ou Woorde episode artwork

EPISODE · Sep 26, 2024 · 3 MIN

Nuwe Woorde, Ou Woorde

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailPsalm 33:4-5 Want die woord van die Here is waarheid, en alles wat Hy doen, staan vas. Hy het regverdigheid en reg lief, en sy troue liefde vul die aarde. (NLV) Ons sien hoe nuwe woorde en frases só gereeld by ons Afrikaanse Woordelys gevoeg word, dat ons nie kan byhou nie. Maar dit is geensins 'n nuwe ding nie.Volgens 'n onlangse artikel wat ek raakgeloop het, het William Shakespeare meer as 1 700 nuwe woorde in die Engelse taal geskep. Woorde vir "slaapkamer", "hofmakery" en "windmakerig". Daar word gesê dat Charles Dickens die woorde vir "lomperd" en "vloerlap" vir die eerste keer gebruik het, en dr. Seuss het glo met ‘n woord vir "bleeksiel" vorendag gekom. Ons sien deesdae, dat daar baie nuwe woorde ontstaan. Dis hoofsaaklik te danke aan vindingryke jongmense op sosiale media. Woorde vir begrippe soos "digital nomad"(mense wat enige plek op aarde kan werk, sonder om kantoor toe te gaan) "hellscape,” (‘n baie onaangename plek) "trauma dumping" (iemand wat ongenooid die besonderhede van sy traumatiese ervaring aan iemand anders vertel). Dis nuwe woorde wat die gees van ons tyd weerspieël.Die wêreld het immers aanbeweeg. Dinge het drasties verander. Ons het vandag met kwessies te doen waarvan ons voorvaders nooit eers kon droom nie. En dit is so maklik om te dink dat ons baie slimmer as hulle is! Kyk net na ons briljante idees en ons oorspronklike gedagtes!Tog verwoes soveel van die dinge wat ons as “vooruitgang” bestempel lewens en huwelike. Sogenaamde vooruitgang laat talle kinders vaderloos grootword. Ja, die basiese beginsels van die lewe gaan verlore. Psalm 33:4-5 Want die woord van die Here is waarheid, en alles wat Hy doen, staan vas. Hy het regverdigheid en reg lief, en sy troue liefde vul die aarde. (NLV)Watter taal jy ook al praat, waar jy ook al woon, wat jy ook al doen … moenie die Woord van God weggooi nie. Dit is reg, dit is waar. Dit vertel ons van die Here se getrouheid, sy goedheid, sy geregtigheid. In 'n wêreld wat al hoe meer in wanorde is, beteken nie elke nuwe idee vooruitgang nie!Soms moet ons teruggaan na die basiese beginsels om te ontdek dat die wêreld inderdaad vol van God se onfeilbare liefde is.Dit is sy Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Sep 26, 2024

Embed this episode

Send us Fan Mail Psalm 33:4-5 Want die woord van die Here is waarheid, en alles wat Hy doen, staan vas. Hy het regverdigheid en reg lief, en sy troue liefde vul die aarde. (NLV) Ons sien hoe nuwe woorde en frases só gereeld by ons Afrikaanse Woordelys gevoeg word, dat ons nie kan byhou nie. Maar dit is geensins 'n nuwe ding nie. Volgens 'n onlangse artikel wat ek raakgeloop het, het William Shakespeare meer as 1 700 nuwe woorde in die Engelse taal geskep. Woorde vir "slaapkamer", "hofm...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Nuwe Woorde, Ou Woorde

0:00 3:16

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 3 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on September 26, 2024.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!