Om Jou Vyand Lief te Hê episode artwork

EPISODE · Jun 13, 2026 · 2 MIN

Om Jou Vyand Lief te Hê

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailPsalm 119:93 Ek sal u bevele nooit vergeet nie, want daardeur gee U my die lewe. (NLV) Gehoorsaamheid is 'n tweesnydende swaard. Aan die een kant is samelewings daarvan afhanklik vir goeie orde, voorspoed en basiese veiligheid. Aan die ander kant, soos ons gister met die Rwandese volksmoord van 1994 gesien het, kan blinde gehoorsaamheid, verwoestende gevolge hê.Mitsuo Fuchida was die bevelvoerder van die Japannese soldate met hul aanval op Pearl Harbour, wat duisende mense doodgemaak het en die Amerikaners in die Tweede Wêreldoorlog ingetrek het. Na die oorlog was hy bitter en ontnugter. Hy het 'n storie teëgekom wat hom geskok het: 'n jong Christen dame, Peggy Covell, het, ten spyte van die feit dat Japannese soldate haar ouers, wat sendelinge was, tereggestel het, met liefde Japannese krygsgevangenes versorg.Sy het Christus se opdrag gehoorsaam om haar vyande lief te hê - 'n opdrag wat Fuchida so aandoenlik gevind het, dat hy die Bybel begin lees het. Hy het met Jesus se woorde geworstel. En uiteindelik het hy sy lewe aan Christus gegee en die res van sy dae die Evangelie verkondig - ook aan sy voormalige vyande.Hierdie wonderlike ommekeer was die gevolg van een eenvoudige jong vrou, wat teen elke menslike instink in, Christus se bevel, om jou vyand lief te hê, gehoorsaam het! Psalm 119:93 Ek sal u bevele nooit vergeet nie, want daardeur gee U my die lewe. (NLV)Baie mense beskou God se bevele in die Bybel as verouderd, ongerieflik en soms heeltemal onbegryplik. Hoe kan jy moontlik jou vyande liefhê?En tog is dit keer op keer bewys, dat wanneer ons Hom, al voel dit teen ons beterwete, onvoorwaardelik gehoorsaam; lei dit tot 'n totale vernuwing van ons lewe.Ons kosbare Here is getrou aan sy beloftes. Dis ‘n waarheid wat nooit sal verander nie, want God verander nooit nie.Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Jun 13, 2026

Embed this episode

Send us Fan Mail Psalm 119:93 Ek sal u bevele nooit vergeet nie, want daardeur gee U my die lewe. (NLV) Gehoorsaamheid is 'n tweesnydende swaard. Aan die een kant is samelewings daarvan afhanklik vir goeie orde, voorspoed en basiese veiligheid. Aan die ander kant, soos ons gister met die Rwandese volksmoord van 1994 gesien het, kan blinde gehoorsaamheid, verwoestende gevolge hê. Mitsuo Fuchida was die bevelvoerder van die Japannese soldate met hul aanval op Pearl Harbour, wat duisende m...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Om Jou Vyand Lief te Hê

0:00 2:58

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 2 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on June 13, 2026.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!