Omhels Jou Identiteit in Christus episode artwork

EPISODE · Jan 4, 2026 · 3 MIN

Omhels Jou Identiteit in Christus

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan Mail2 Korintiërs 5:17 Iemand wat aan Christus behoort, is 'n nuwe mens. Die oue is verby, die nuwe het gekom. Heelwat mense hier op aarde leef vandag minder-as-ideale lewens. Of eintlik moet ek sê: verskriklike lewens, nie uitsluitlik as gevolg van hul omstandighede nie, maar omdat hulle waardeloos voel. Ek wonder of jy iemand ken wat so voel?Ja, my vriend, sommige mense leef wel onder verskriklike omstandighede. Mense leef in uiterste armoede, ander leef onder die bedreiging van oorlog en geweld, ander mense is verlate en heeltemal alleen. En in baie gevalle maak selfs die kleinste ingryping om daardie omstandighede te verander, 'n ontsettende groot verskil.Maar weet jy, ek het al mense ontmoet wat byvoorbeeld in uiterste armoede of onder erge vervolging leef, wie se gesigte met ‘n vrede en vreugde straal. Dit laat ‘n mens heeltemal verbysterd voel. Dit gaan jou verstand te bowe. Hulle getuig van ‘n innerlike liefde wat nie na die omstandighede kyk nie.Jy sal dit eers verstaan wanneer jy besef dat daardie vrede en vreugde uit 'n plek van volkome liefde, volkome aanvaarding, volkome versekering, kom. Ja, my vriend, dit kan nie deur geld gekoop word of uit enigiets wat hierdie wêreld bied, verkry word nie.2 Korintiërs 5:17 Iemand wat aan Christus behoort, is 'n nuwe mens. Die oue is verby, die nuwe het gekom.Tim Keller, ‘n pastoor en skrywer het oor hierdie nuwe identiteit gesê: Die enigste identiteit wat nie broos is nie – die enigste een wat jou werklik kan transformeer – is die een wat jy ontvang, nie die een wat jy bereik nie. In Christus word jy ten volle geken en ten volle liefgehê.Sodra jy weet hoe baie God jou liefhet deur wat Jesus aan die kruis vir jou gedoen het; ja, dis reg: wanneer jy werklik, jou nuwe identiteit in Christus ten volle omhels, verander dit alles. Want die oue is verby, die nuwe het gekomDis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Jan 4, 2026

Embed this episode

Send us Fan Mail 2 Korintiërs 5:17 Iemand wat aan Christus behoort, is 'n nuwe mens. Die oue is verby, die nuwe het gekom. Heelwat mense hier op aarde leef vandag minder-as-ideale lewens. Of eintlik moet ek sê: verskriklike lewens, nie uitsluitlik as gevolg van hul omstandighede nie, maar omdat hulle waardeloos voel. Ek wonder of jy iemand ken wat so voel? Ja, my vriend, sommige mense leef wel onder verskriklike omstandighede. Mense leef in uiterste armoede, ander leef onder die bedreig...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Omhels Jou Identiteit in Christus

0:00 3:11

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 3 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on January 4, 2026.

Is there a transcript available for this episode?

Yes, a full transcript is available for this episode. You can read the complete transcript on the episode page.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!