Omring Deur Hoenders

EPISODE · May 9, 2026 · 2 MIN

Omring Deur Hoenders

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailGalasiërs 6:2-3 Dra mekaar se laste, en gee op dié manier uitvoering aan die wet van Christus. As iemand hom verbeel hy is iets en hy is niks, bedrieg hy homself. Party mense kan so ongelooflik frustrerend wees, nè? Hoekom kan hulle nie my standpunt insien nie? Hoekom verstaan hulle dit nie? Wat is fout met hulle? Ek wil jou sê dat as jy só aanhou, jy 'n bitter en verwronge mens gaan wees.Voordat ek tot bekering gekom het, was my gunsteling gesegde altyd: Dis so moeilik om soos 'n arend te sweef wanneer jy tussen die hoenders woon.Dit klink nogal skerp, nè? Maar as jy 'n bietjie dieper delf, loop dit oor van skynheiligheid, veral as iemand wat sê dat hy ‘n Christen is, dit sê. Hoekom? Omdat dit gaan oor 'n gevoel van meerderwaardigheid, 'n minagting van ander, 'n blaamverskuiwende houding - dinge wat Jesus dikwels bestraf het.Selfs toe ek uiteindelik my lewe aan Hom gegee het, was dit steeds 'n reis van baie jare om werklik van daardie afbrekende houding ontslae te raak.Maar God is baie duidelik hieroor. Jy kan nie so arrogant wees en tog beweer dat jy sy liefde ken nie. Ja, my liewe mens, hierdie by die hoenders woon-houding vernietig die wêreld waarin ons leef.Wat is die oplossing? Wel, hier staan dit in:Galasiërs 6:2-3 Dra mekaar se laste, en gee op dié manier uitvoering aan die wet van Christus. As iemand hom verbeel hy is iets en hy is niks, bedrieg hy homself.Nederigheid is die teenoorgestelde van selfvoldane arrogansie, nie waar nie? Trouens, ek en jy lyk vir hierdie wêreld soos Jesus wanneer ons onsself verneder om hulle met hul probleme te help; of wanneer ons ons vyande liefhet; of wanneer ons ingryp om hulle wonde te verbind.En as julle dink julle is te belangrik om dit te doen, flous julle net julleself.Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

NOW PLAYING

Omring Deur Hoenders

0:00 2:42

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

URL copied to clipboard!