Onberispelike Gedrag (1) episode artwork

EPISODE · May 20, 2025 · 2 MIN

Onberispelike Gedrag (1)

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan Mail1 Petrus 2:18 Julle wat vir ander werk, luister na hulle. Wees goeie werkers en behandel julle meerderes met respek. Dit word nie net van julle verwag as julle werkgewers goed is en julle help nie, maar ook as hulle julle sleg behandel, veral as hulle julle treiter omdat julle Christene is. (DB) Ons leef sonder twyfel in 'n wrede wêreld. Ons sou graag byvoorbeeld wil glo dat slawerny lank gelede uitgeroei is. Maar volgens die Wêreld Ekonomiese Forum was daar in 2021 meer as 50 miljoen mense wêreldwyd wat in toestande van moderne slawerny geleef het. 50 Miljoen, kan jy dit glo!Die konsep van slawerny is onaanvaarbaar en tog het dit deur die geskiedenis algemeen voorgekom. Kyk wat sê hierdie Bybelvers:1 Petrus 2:18 Julle wat vir ander werk, luister na hulle. Wees goeie werkers en behandel julle meerderes met respek. Dit word nie net van julle verwag as julle werkgewers goed is en julle help nie, maar ook as hulle julle sleg behandel, veral as hulle julle treiter omdat julle Christene is. (DB)Dit klink snaaks, nè? Ek bedoel hoekom sal ‘n God van liefde nie aan die werkers se swaarkry dink, in plaas daarvan om vir hulle te sê om selfs slegte werkgewers te gehoorsaam nie? As God inderdaad God is, wat probeer Hy hier sê?Wel, in die eerste-eeuse Grieks-Romeinse wêreld was slawerny algemeen en baie vroeë Christene was in werklikheid slawe. Dit was dus ‘n sosiale realiteit van die tyd. Die Christene se doel was nie daarop gemik om slawerny af te skaf nie, maar hulle het eerder probeer om die lewens van gelowiges binne daardie bestaande sosiale strukture te transformeer.Miskien word jy op die oomblik onregverdig behandel. Miskien is dit nie in jou vermoë om jou omstandighede te verander nie. God se oproep hier, aan jou en my, is om in elk geval 'n goeie lewe te lei; om voorbeeldige gedrag te toon - dit maak nie saak wat jou situasie mag inhou nie.Wees goeie werkers en behandel julle meerderes met respek.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published May 20, 2025

Embed this episode

Send us Fan Mail 1 Petrus 2:18 Julle wat vir ander werk, luister na hulle. Wees goeie werkers en behandel julle meerderes met respek. Dit word nie net van julle verwag as julle werkgewers goed is en julle help nie, maar ook as hulle julle sleg behandel, veral as hulle julle treiter omdat julle Christene is. (DB) Ons leef sonder twyfel in 'n wrede wêreld. Ons sou graag byvoorbeeld wil glo dat slawerny lank gelede uitgeroei is. Maar volgens die Wêreld Ekonomiese Forum was daar in 2021 mee...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Onberispelike Gedrag (1)

0:00 2:50

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 2 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on May 20, 2025.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!