Onderbenute Vryheid episode artwork

EPISODE · Feb 14, 2025 · 2 MIN

Onderbenute Vryheid

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailFillipense1:20-21 Dit is my strewe en hoop dat ek nooit iets sal doen waaroor ek my sal hoef te skaam nie. Ek wil eerder, soos nog altyd, ook nou in my hele bestaan – of ek bly leef en of ek moet sterf – Christus met volle vrymoedigheid verheerlik. Want vir my is die lewe Christus, en die sterwe wins. (NLV) Het jy opgelet hoe moeilik dit word om jou mening te lug; om met vrymoedigheid te sê wat jy as waar beskou? Ja, namate die samelewing meer verdeeld geraak het, het die tradisionele gesinswaardes, byvoorbeeld, nie net al hoe minder belangrik geword nie, maar dit is heeltemal van die openbare platforms geskrap.Wat doen ‘n mens nou? Een antwoord is om net eenvoudig saam met die stroom te gaan. ‘n Ander een is om vasgevang te word in die strikke van samesweringsteorieë. Of, ons kan kerm en kla oor die vernietiging van die reg tot vryheid van spraak, wat immers 'n basiese mensereg behoort te wees!Daar is egter 'n ander benadering. Terwyl hy in die tronk in Rome was, het die apostel Paulus geskryf: Filippense 1:20-21 Dit is my strewe en hoop dat ek nooit iets sal doen waaroor ek my sal hoef te skaam nie. Ek wil eerder, soos nog altyd, ook nou in my hele bestaan – of ek bly leef en of ek moet sterf – Christus met volle vrymoedigheid verheerlik. Want vir my is die lewe Christus, en die sterwe wins. (NLV)Ten spyte van sy omstandighede, was hy ‘n nuwe mens. Hy is totaal verander deur sy ontmoeting met Jesus jare tevore op die pad na Damaskus. Eerder as om te hensop of te kla, het hy dinge deurgedink en besluit om dapper te wees en om vrylik oor Jesus te praat, want hy het geweet dat dit die belangrikste ding is waarvoor hy geroep is.Soos die 19de eeuse teoloog en filosoof, Soren Kierkegaard, eenkeer gesê het: dit is te maklik om vryheid van spraak te eis as 'n plaasvervanger vir die vryheid van denke – ‘n vryheid wat ons selde gebruik.Ja, my maat, wees dapper, getuig vrylik van Jesus wat gekom het om die wêreld te red.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Feb 14, 2025

Embed this episode

Send us Fan Mail Fillipense1:20-21 Dit is my strewe en hoop dat ek nooit iets sal doen waaroor ek my sal hoef te skaam nie. Ek wil eerder, soos nog altyd, ook nou in my hele bestaan – of ek bly leef en of ek moet sterf – Christus met volle vrymoedigheid verheerlik. Want vir my is die lewe Christus, en die sterwe wins. (NLV) Het jy opgelet hoe moeilik dit word om jou mening te lug; om met vrymoedigheid te sê wat jy as waar beskou? Ja, namate die samelewing meer verdeeld geraak het, het...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Onderbenute Vryheid

0:00 2:52

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 2 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on February 14, 2025.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!