EPISODE · Oct 6, 2022 · 21 MIN
Onderhoud 16: Reiner Duvenage | AfriForum keer R50 miljoen-skenking aan Kuba
from In alle Ernst · host Ernst J. van ZYl
Die burgerregteorganisasie AfriForum het hierdie week suksesvol ’n dringende interdik bekom om die Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking (Dirco) te verhoed om R50 miljoen aan Kuba te skenk. AfriForum is verheug dat die hof te midde van ’n ernstige ekonomiese krisis in die organisasie se guns beslis het teen dié belaglike skenking. Hierdie interdik is deel van die eerste gedeelte van AfriForum se regsoptrede teen die skenking. Die tweede deel behels ’n hersieningsaansoek op ’n latere datum om die regering se besluit om die geld aan Kuba te skenk, om te keer. Die hof het bykomend ook beveel dat die respondente die koste van die aansoek moet betaal. Volgens regter Neukircher verteenwoordig AfriForum die publiek se breër belange en daar is geen rede waarom AfriForum hand in eie sak moet steek nie.
Embed this episode
Ready to play
Onderhoud 16: Reiner Duvenage | AfriForum keer R50 miljoen-skenking aan Kuba
No transcript for this episode yet
Similar Episodes
No similar episodes found.
Similar Podcasts
No similar podcasts found.