Ondersoek jou Motiewe episode artwork

EPISODE · Oct 24, 2024 · 2 MIN

Ondersoek jou Motiewe

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailFilippense 2:3,5 Moet niks uit selfsug of eersug doen nie, maar in nederigheid moet die een die ander hoër ag as homself. Dieselfde gesindheid moet in julle wees wat daar ook in Christus Jesus was: Dink ‘n bietjie terug aan die laaste keer wat jy iets gesê of gedoen het wat beslis nie die regte ding was nie. Maar, toe jy dit besef, het jy jouself afgevra waarom jy dit gedoen het. Neewat, ons ploeter net voort en maak elke keer dieselfde fout. Jy sou dink dat ons uit ons foute sal leer; of hoe?Ons het elkeen stofgetrapte gedragspaadjies. Oftewel gedragspatrone, wat ons keer op keer herhaal. Kom ons sê daar is 'n spesifieke persoon waarvan jy nie hou nie, en wanneer jou foon lui en sy naam op die skerm verskyn, beantwoord jy eenvoudig nie die oproep nie. Hoekom doen jy dit?Wel, jy kan dalk redeneer dat jy nie vandag iemand anders se drama in jou lewe nodig het nie. Jy hoef nie te luister na hulle gekerm nie, of dalk gaan hulle jou net ontstel en weer ‘n keer kritiseer. Goed, ons kan goeie verskonings hê...Maar dink mooi, wat is jou motief wanneer jy daardie besluit neem? Gaan dit om jóú, of oor daardie moeilike persoon? Is dit vir jou eie gemoedsrus, of het die ander persoon miskien net vandag ‘n woordjie van bemoediging nodig? Dit is nie lekker om ons motiewe te bevraagteken nie, maar ons moet dit gereeld ondersoek. Die apostel Paulus skryf in:Filippense 2:3,5 Moet niks uit selfsug of eersug doen nie, maar in nederigheid moet die een die ander hoër ag as homself. Dieselfde gesindheid moet in julle wees wat daar ook in Christus Jesus was:As ons praat van Jesus se gesindheid, moet ons onthou dat Hy aan die kruis gesterf het vir mense soos ons, ten spyte van die feit dat ons ook maar moeilike mense is. Wanneer dit kom by hoe jy ander mense behandel, moet jy altyd bereid wees om jou motiewe te bevraagteken.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Oct 24, 2024

Embed this episode

Send us Fan Mail Filippense 2:3,5 Moet niks uit selfsug of eersug doen nie, maar in nederigheid moet die een die ander hoër ag as homself. Dieselfde gesindheid moet in julle wees wat daar ook in Christus Jesus was: Dink ‘n bietjie terug aan die laaste keer wat jy iets gesê of gedoen het wat beslis nie die regte ding was nie. Maar, toe jy dit besef, het jy jouself afgevra waarom jy dit gedoen het. Neewat, ons ploeter net voort en maak elke keer dieselfde fout. Jy sou dink dat ons uit on...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Ondersoek jou Motiewe

0:00 2:40

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 2 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on October 24, 2024.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!