Ongedissiplineerde Begeerte episode artwork

EPISODE · Jun 28, 2026 · 2 MIN

Ongedissiplineerde Begeerte

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailSpreuke 13:4 Luiaards begeer baie dinge, maar hulle kry dit nie. Mense wat hard werk, kry alles wat hulle begeer. (NLV) Hulle sê: 'n kitssukses neem gewoonlik omtrent twintig jaar. Ek weet, ja, ek weet... Ons wens dit was nie waar nie, en tog weet ons dat dit honderdpersent waar is!In 1994 het 'n onbekende ou, met die naam Jeff Bezos, met 'n droom baie groter as wat hy veronderstel was om te droom, met 'n klein aanlyn-boekwinkeltjie in sy motorhuis begin. Terwyl ander agter winsbejag en kitssukses was, het hy sy oë op die horison gevestig gehou. Hy het sy wins herbelê; hy het geëksperimenteer toe ander hulle geldjies spandeer het of versigtig weggebêre het.Daardie motorhuis-gebore-droom het stadigaan sy reikwydte oor die hele wêreld uitgebrei. Amazon het nie slegs ‘n kleinhandelaar geword nie, maar 'n wêreldwye mark, 'n internetpionier en 'n huishoudelike naam – alles omdat een man die waarde van uithouvermoë bo kitsoplossings verstaan het.Bezos het geweier om ongeduldig te word en nie toegelaat dat sukses na sy kop toe gaan nie. Hy het gesê: Korttermyn-oorwinnings is maklik, korttermyn-denke is gevaarlik.Spreuke 13:4 Luiaards begeer baie dinge, maar hulle kry dit nie. Mense wat hard werk, kry alles wat hulle begeer. (NLV)Kom ons wees realisties. Ek wil nou nie jou moed breek, of jou drome verydel nie, maar kom ons neem aan dat jy waarskynlik nie nóg 'n Amazon sal begin nie ... alhoewel, wie weet, dalk verbaas jy ons almal? Onthou net een ding: God het jou uniek gemaak om iets te doen; om iets te bereik wat hierdie wêreld 'n beter plek sal maak.En hoewel harde werk nie altyd die vlak van sukses, wat ons in gedagte gehad het, waarborg nie, onthou dat luiheid omtrent honderdpersent van die tyd mislukking waarborg. Droom gerus groot drome, so groot as wat jy wil. Maar onthou, drome sonder dissipline bly net dit: drome! Dit is harde werk en ywer wat drome in werklikheid verander.Luiaards begeer baie dinge, maar hulle kry dit nie. Mense wat hard werk, kry alles wat hulle begeer. Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Jun 28, 2026

Embed this episode

Send us Fan Mail Spreuke 13:4 Luiaards begeer baie dinge, maar hulle kry dit nie. Mense wat hard werk, kry alles wat hulle begeer. (NLV) Hulle sê: 'n kitssukses neem gewoonlik omtrent twintig jaar. Ek weet, ja, ek weet... Ons wens dit was nie waar nie, en tog weet ons dat dit honderdpersent waar is! In 1994 het 'n onbekende ou, met die naam Jeff Bezos, met 'n droom baie groter as wat hy veronderstel was om te droom, met 'n klein aanlyn-boekwinkeltjie in sy motorhuis begin. Terwyl ander ...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Ongedissiplineerde Begeerte

0:00 2:58

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 2 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on June 28, 2026.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!