Ongelooflik, Wonderlike Genade episode artwork

EPISODE · Mar 11, 2024 · 3 MIN

Ongelooflik, Wonderlike Genade

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailJohannes 1:16 Uit sy oorvloed het ons almal genade op genade ontvang. Genade is deesdae 'n seldsame kommoditeit. Die wêreldstelsel verwag van jou om te konformeer en te presteer. Dit verwag van jou om jou ou klein rolletjie as 'n onbeduidende ou ratjie in sy masjien te speel.As dit net 'n bietjie te verdoemend klink, kyk maar om jou rond. . . Hoe vergewensgesind is ons sosiale stelsels en jou sogenaamde ‘rolmodelle’ teenoor jou? Hoe gereeld sien mense jou mislukkings oor die hoof? Hoe gereeld prys iemand jou? Moedig iemand jou dikwels aan?Nee my vriend, dit is 'n onvergewensgesinde wêreld waarin ons leef. Konformeer, presteer of gee pad. Ja-nee, genade kan jy nie sommer agter elke bos uitskop nie ... daar is net een plek – by Jesus.Johannes 1:16 Uit sy oorvloed het ons almal genade op genade ontvang.Dit is inderdaad sterk gestel. Ten spyte van al ons foute, ten spyte van ons rebellie, inderdaad as gevolg daarvan, het God vir Jesus gestuur sodat Hy sy genade, sy onverdiende guns, weer en weer en weer oor ons kon kom uitstort.Soos Billy Graham eenkeer gesê het: God neem die swakkes en maak hulle sterk. Hy neem die verfoeilikes en maak hulle skoon. Hy neem die geringes en maak hulle kosbaar. Hy neem die sondiges en maak hulle sondeloos.Dit is verskriklik maklik om die woord, "genade" so gereeld en so maklik af te rammel, dat ons die grootsheid daarvan, sy heerlikheid, die ewige gevolge van oorvloedige seën in ons lewens, uit die oog verloor.Kan ek jou vandag aanmoedig om na Jesus te kyk, om in sy Teenwoordigheid te wees, om oorweldig te word en om van Hom genade, op genade, op genade te ontvang.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Mar 11, 2024

Embed this episode

Send us Fan Mail Johannes 1:16 Uit sy oorvloed het ons almal genade op genade ontvang. Genade is deesdae 'n seldsame kommoditeit. Die wêreldstelsel verwag van jou om te konformeer en te presteer. Dit verwag van jou om jou ou klein rolletjie as 'n onbeduidende ou ratjie in sy masjien te speel. As dit net 'n bietjie te verdoemend klink, kyk maar om jou rond. . . Hoe vergewensgesind is ons sosiale stelsels en jou sogenaamde ‘rolmodelle’ teenoor jou? Hoe gereeld sien mense jou mislukking...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Ongelooflik, Wonderlike Genade

0:00 3:07

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 3 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on March 11, 2024.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!